RSG Landbou: 16 November 2023 – geborg deur Antrovet

Knopvelsiekte is ‘n virussiekte wat deur bytende insekte oorgedra word. Dr Johann Stadler van Antrovet gee raad oor die behandeling en moontlike voorkomende stappe wat geneem kan word in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

Kuilvoermonsterneming en -analises is ‘n fyn kuns. Labworld is verantwoordelik vir die analise van die kuilvoermonsters in die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie en dr Dr Elrisa Taljaard verduidelik die ontledingsproses en wat hierdie toetse beteken.

Michele Cicognani het onlangs gekyk na sake soos die vrylating van skadelike gasse, goeie werksprestasie, en hoe gerieflik trekkers is in die vervaardigingsbedryf. Sy artikel beklemtoon die belangrikheid van minder skadelike gasse in die boerdery en hoe ons vervaardigingsprosesse kan verbeter vir ‘n beter toekoms.

Theo Boshoff van Agbiz het sterk gereageer op misleidende berigte oor uitvoere. Hy het beklemtoon dat hierdie berigte nie die werklike stand van sake weerspieël nie en dat die verspreiding van onakkurate inligting skadelik kan wees vir die landboubedryf.

Johan van den Berg is terug op sy pos en praat oor weersake.

Chris Derksen is ook weer op sy pos met die jongste vleispryse.

Luister nou na dié insiggewende onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Antrovet. Besoek gerus hulle webwerf hier.

At Antrovet, we believe that all South African Farmers, from the emerging farmer to the intensive producer, should have access to top quality, affordable products, backed by exceptional service and availablity. We strive to exceed customer expectations regarding service and to provide products that enhance the health of animals and productivity to the farmer.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories