In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit SA Stamboek se naspeurbaarheidsrekordhoudingstelsel, IDtrax, wat onlangs vir die eerste keer by ‘n veiling gebruik is en Feedtek praat oor voedingstekorte by wildspesies.
IDtrax amptelik in werking
Het jy geweet SA Stamboek se naspeurbaarheidsrekordhoudingstelsel, IDtrax, is onlangs vir die eerste keer, en met groot sukses, by ‘n veiling gebruik? Dit is ‘n mylpaal vir die stoetveebedryf. Fritz Bezuidenhout verduidelik hoe dit werk. Hy is deel van die span by SA Stamboek wat die stelsel ontwikkel het, en is ook self ‘n boer.
Voedingstekorte by wild
Wildboere moet ook nie ons gesprek met Alheit du Toit van Feedtek misloop nie. Hy praat oor voedingstekorte by wildspesies. Deesdae beperk die omheining van kommersiële eenhede die vermoë van wilde diere om self voedsamer weiding te vind. Hy verduidelik hoe hierdie behoeftes aangevul kan word.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.