HomePodcastsRSG Landbou: 18 September 2025 - geborg deur Netafim

RSG Landbou: 18 September 2025 – geborg deur Netafim

In vanoggend se RSG Landbou was daar gesprekke met TLU SA en die Brahman-beestelersgenootskap. Weersake en vleispryse is ook bespreek.

TLU SA wys jongboer aan

RSG Landbou het op 10 September TLU SA se kongres in Pretoria bygewoon en daar met die president, Henry Geldenhuys, gesels. TLU SA het ook by die geleentheid hul jongboer van die jaar aangewys.

Brahmane hou aanlyn veiling

Die Brahman-beestelersgenootskap se eerste nasionale aanlyn veiling is vanjaar in Potchefstroom aangebied. Rasdirekteur, Sietze Smit, vertel meer.

Weer en vleispryse

Johan van den Berg gesels landbou-weersake en Chris Derksen vertel wat hierdie week met vleispryse by veilings in die Noord-Vrystaat gebeur het.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings

Must Read

Meet the new NAMC board

The minister of agriculture, John Steenhuisen, recently announced the appointment of ten new members to the National Agricultural Marketing Council (NAMC). These members will...