RSG Landbou: 17 Augustus 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor Rico die skaap, besproeiingstelsel keuses, daar is terugvoer oor die Vrystaat Landbou-kongres en ons ontvang die nuuste landbounuus.

Rico die skaap

Het jy al van Rico die skaap gehoor? Rico is ‘n Merino-ram wat vir meer as vyf jaar op sy eie in uiterste toestande in die Moordenaarskaroo oorleef het. Sy verhaal van veerkragtigheid skep nou ‘n geleentheid vir hardwerkende jong mense deur middel van ‘n beursfonds. Dan Kriek van die Nasionale Wolkwekersvereniging vertel meer oor die nuwe moontlikhede wat hieruit voortvloei.

Besproeiingstelsel keuses

Die eerste Suid-Afrikaanse Tafeldruiwekonferensie het onlangs plaasgevind en Christo van der Westhuizen van Netafim het daar met ons gesels oor die keuse van ‘n besproeiingstelsel.

Terugvoer oor Vrystaat Landbou-kongres

Ons luister ook wat Friedl von Maltitz oor die afgelope Vrystaat Landbou-kongres sê.

Landbounuus

Dis Maandag en natuurlik weer tyd vir ons weeklikse landbounuus, so moet dit nie misloop nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Four agricultural labour law myths

Estimated reading time: 4 minutesWhen employers rely on incorrect assumptions rather than the law...

Sosiale media en die reg: Wees baie versigtig

Estimated reading time: 4 minutesOmdat die akkuraatheid of waarheid van inligting selde gekontroleer of...

100 jaar van wolproduksie (Deel 5): Die boublokke van ’n welvarende land

Estimated reading time: 7 minutesDie Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) betree binnekort die volgende 100 jaar...

Lantana camara: Waak teen dié struik

Estimated reading time: 3 minutesLantana-vergiftiging is een van die algemeenste vorme van plantvergiftiging by...