In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor wat veediefstalsake so ingewikkeld en moeilik maak om op te los, koffie-verbouing by Lutzville en ontvang terugvoer oor ‘n klimaatslim vleisbeesproduksie-werkswinkel wat onlangs in Pretoria aangebied is.
Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum
Wat maak veediefstalsake so ingewikkeld en moeilik om op te los? In vanoggend se RSG Landbou praat ons met Louis Wessels van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum.
Koffie-verbouing by Lutzville
Volgens kenners aard koffiebome nie op die Weskus nie. Tog het ‘n druiweboer van Lutzville, Riaan Engelbrecht, besluit om dit aan te plant en ons gesels met hom oor sy sukses.
Vleisbeesproduksie-werkswinkel
‘n Klimaatslim vleisbeesproduksie-werkswinkel is onlangs in Pretoria aangebied. Professor Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad was een van die sprekers. Hy het oor beeste se voorkoms gepraat en verduidelik hoe sekere eienskappe hulle help om by hul omgewing aan te pas en volhoubaar te produseer. Moenie hierdie interessante gesprek misloop nie.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.