RSG Landbou: 16 Desember 2025

In vandag se RSG Landbou gesels ons oor handelsooreenkomste met Wolfe Braude van Agbiz en dr Ben Greyling van die Landbounavorsingsraad bespreek die wenners van die LNR se Vleisbeespresteerderstoekennings.

Handel

Weet jy wat beteken ‘n formele handelsooreenkoms vir ‘n land soos Suid-Afrika? En het jy geweet dat alhoewel China hul deure vir Suid-Afrikaanse steenvrugte oopgemaak het, dit eintlik slegs ‘n protokol is. Ons het vir Wolfe Braude van Agbiz se vrugtelessenaar hieroor uitgevra.

Vleisbeespresteerderstoekennings

Moet ook nie ons gesprek met dr Ben Greyling van die Landbounavorsingsraad misloop nie. Die LNR het in November hul Vleisbeespresteerderstoekennings gehad en hy praat oor vanjaar se wenners en waarom hulle uitgestaan het.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Four agricultural labour law myths

Estimated reading time: 4 minutesWhen employers rely on incorrect assumptions rather than the law...

Sosiale media en die reg: Wees baie versigtig

Estimated reading time: 4 minutesOmdat die akkuraatheid of waarheid van inligting selde gekontroleer of...

100 jaar van wolproduksie (Deel 5): Die boublokke van ’n welvarende land

Estimated reading time: 7 minutesDie Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) betree binnekort die volgende 100 jaar...

Lantana camara: Waak teen dié struik

Estimated reading time: 3 minutesLantana-vergiftiging is een van die algemeenste vorme van plantvergiftiging by...