Monday, January 27, 2025
HomePodcastsRSG Landbou: 16 Desember 2024 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 16 Desember 2024 – geborg deur Plaas Media

Die 2024 Textile Exchange-kongres is in Oktober vanjaar in die VSA aangebied. In vangoggend se RSG Landbou deel Deon Saayman van Cape Wools sy ervaring met ons. Billy van Zyl, ‘n produsent, maar ook lid van die Nasionale Wolkwekersvereniging deel ook sy indrukke.

Verder hoor ons van Joanne Bester van die IWTO, oftewel die Internasionale Wol- en- Tekstielorganisasie waar sy in Turkye onlangs ‘n vergadering bygewoon het.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Predation takes on new dimensions

Estimated reading time: 7 minutes Jackals and caracals remain Karoo livestock producers’ greatest concern, with their numbers appearing to have increased since rain broke the...