Wednesday, October 16, 2024
HomePodcastsRSG Landbou: 15 Oktober - geborg deur Pioneer Saad

RSG Landbou: 15 Oktober – geborg deur Pioneer Saad

-

Die Suiwelstandaardagentskap poog voortdurend om te verseker dat suiwelprodukte in Suid-Afrika veilig vir menslike gebruik is. Met die uitbreiding van hul laboratorium sal daar eersdaags vir brusellose in melk getoets kan word. Jompie Burger gesels hieroor en ander toetse wat in die pyplyn is.

Hannes Bruwer van Genade Boerdery is vanjaar aangewys as Agri Noord-Kaap se Jongboer van die Jaar. Hulle diverse boeredery in die Hopetown-omgewing bestaan onder meer uit koring, erte, lusern, groente, wild en skape. Hy gesels ook oor die planne wat hulle moes maak om tydens beurtkrag volhoubare produksie te verseker.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Pioneer Saad.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

RSG Landbou: 16 Oktober 2024 – geborg deur Pioneer Saad

Grondvoorbereiding vir gewasproduksie kom onder bespreking in moreoggend se RSG Landbou. Mauritz van Heerden van Pioneer Saad gesels onder meer oor doeltreffende grondbewerkingspraktyke, ideale...