HomePodcastsRSG Landbou: 15 Oktober - geborg deur Husqvarna

RSG Landbou: 15 Oktober – geborg deur Husqvarna

In vandag se RSG Landbou vind ons uit hoe vleisalternatiewe vervaardig word en ons ontmoet die Agri Noord-Wes Jongboer van die Jaar.

Hoe vleisalternatiewe vervaardig word

Hemoglobien wat op plantwortels voorkom, word gebruik om die bloederige smaak van vleis na te boots terwyl beetsap gebruik word om die kleur na te maak. Prof Phillip Strydom van Stellenbosch Universiteit verduidelik in vanoggend se RSG Landbou hoe vleisalternatiewe vervaardig word.

Agri Noord-Wes Jongboer van die Jaar

Verder ontmoet ons die Agri Noord-Wes Jongboer van die Jaar, William Harvey. Hy is Bovelder-beesboer van die Vryburg-omgewing.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

26th AFSTA Congress: Empowering Africa’s future, one seed at a time

Estimated reading time: 6 minutes Seeds are not just agricultural inputs; they embody our future, the promise of a resilient Africa in the face of...

Meet the new NAMC board