HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 15 Mei 2023 - geborg deur AECI Plant Health

RSG Landbou: 15 Mei 2023 – geborg deur AECI Plant Health

In terme van energie-opwekking, is die oplossing daar, maar die uitdaging lê in die storing daarvan. ‘n Eneregiekenner, Faure van Schalkwyk, was een van die sprekers tydens Aartappels SA se jaarlikse forum en ons hoor wat hy te sê het oor energiebehoeftes, ontwikkeling in tegnologie, en druk op pryse in Maandag se aflewering van RSG Landbou.

Dan het die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika onlangs kongres gehou. Dr Marike Badenhorst brei hieroor uit en dr Danie Odendaal gesels oor sy aanbieding en die beskikbaarheid van entstowwe.

Vleisproduksie kan verbeter word deur middel van die gebruik van ‘n korrekte lekaanvulling by beeste. Henko Lester, kommersiële bestuurder van Cargill Animal Nutrition, het onlangs op die Rhys Evans Group se Huntersvlei Sussex-beesinligtingsdag by Viljoenskroon, gesê ‘n geskikte lekaanvullingsprogram bevat die regte proteïen, energie en spoorminerale wat op die korrekte tyd aangevul word.

Luister nou na hierdie lekker onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health. Besoek gerus hulle webwerf hier.

Who is AECI Plant Health?

AECI Plant Health is a South African company within the AECI Group of Companies serving the agricultural sector with pride. AECI Plant Health has been an ally to farmers in Africa for many years, and with the move towards sustainable agriculture, AECI Plant Health with its NuWay® programme, and its extensive range of products and services, aims to work with farmers to preserve our natural resources, restore soil biology and address the need for producing nutritious food. Agriculture worldwide is under pressure to reduce pesticide and fertilizer usage whilst increasing crop yields to feed a growing world population. There is now a move away from the total reliance on traditional chemicals and synthetic fertilizers towards a more responsible and sustainable approach of cultivating crops that protects the environment and its precious resources. Our approach is to work hand in hand with the farmer to systematically address each point of influence in the growing of crops in a sustainable and responsible manner. Many of the tools and techniques simply unlock nature’s potential and the genetic potential of the crop.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

RSG Landbou: 24 Julie 2024 – geborg deur AECI Plant Health

Die rol en waarde van die heuningby was die fokus van ‘n opvoedkundige dag wat onlangs op die Vergelegen Wynlandgoed by Somerset-Wes aangebied is....