Die versoek vir ‘n aanpassing van die statutêre heffing vir wintergrane is goedgekeur. Richard Krige van Graan SA brei hieroor uit en gesels ook oor ‘n nuwe maatskappy, die Suid-Afrikaanse Wintergraanindustrie-assosiasie, se doelstellings.
Die Au Albidus Brahman-groep van Limpopo bied eersdaags hul produksieveiling aan en Willem Barnard vertel ons meer.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Pioneer Saad.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.