In vandag se RSG Landbou gesels ons oor die beskikbaarheid van water vir besproeiing in die Noord-Kaap, ons vind meer uit oor die stand van transformasie binne die primêre aartappelbedryf en ons ontvang die nuutste weervooruitsigte en vleispryse.
Beskikbaarheid van water vir besproeiing in die Noord-Kaap
Die gehalte en beskikbaarheid van water vir besproeiing in die Noord-Kaap kom onder bespreking in vanoggend se RSG Landbou. Christo van der Westhuizen van Netafim het tydens Raisins SA se simposium op Kakamas, met ons hieroor gesels.
Transformasie binne die primêre aartappelbedryf
Hoe lyk die stand van transformasie binne die primêre aartappelbedryf? Willie Jacobs van Aartappels SA beantwoord hierdie vraag.
Weeklikse weervooruitsigte en vleispryse
Verder is Johan van den Berg terug met landbou-weervooruitsigte en Chris Derksen vertel wat hierdie week met vleispryse gebeur het.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.





