In vanoggend se RSG landbou vind ons meer uit oor die basiese beginsels van wynbereiding. Ons praat met Charl Theron, wat vir 60 jaar al by dié bedryf betrokke is.
Yolanda Colesky van BKB praat oor die waarde van ‘n platform soos Nampo vir ‘n landboubesigheid.
Dan hoor ons van twee wenners by vanjaar se Bloemskou. Loumotta Charolais is aangewys as die Bloemskou interras grootkampioenkoei en opperste skoukampioen en Gulland Simmentalers het geseëvier as Vleissentraal se Elite-bulgroeitoetsklaswenner.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

