Wednesday, September 18, 2024

RSG Landbou: 12 September – geborg deur BKB

Estimated reading time: 2 minutes

Daar is verskeie tipes melk op winkelrakke te koop en die verbruiker het dikwels vrae oor onder andere, die voedingswaarde van gepasteuriseerde melk. In moreoggend se RSG Landbou beantwoord Maretha Vermaak van Melk SA talle vrae oor melk.

Aartappeltekorte en -stygings in die pryse van aartappels het die afgelope ruk nuus gemaak. FP Coetzee van Aartappels SA brei hieroor uit.

Soos gewoonlik vertel Chris Derksen wat hierdie week met vleispryse gebeur het en Johan van den Berg gesels weersake.

Dis RSG Landbou, om vyf en twintig oor vyf, met Lise Roberts.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories