In vanoggend se RSG Landbou was daar gesprekke oor die plaaslike sojabedryf, die Nedibest Brahman-bulveiling op 21 Augustus en die verband tussen klimaatslim boerderypraktyke en rooivleisproduksie.
Sojaboonbedryf gedy
Die plaaslike sojaboonbedryf het die afgelope 20 jaar noemenswaardig gegroei. Van netto invoerder van sojaboonkoek vir dierevoeding tot selfvoorsienend. Prof Ferdi Meyer van BFAP het by die onlangse sojaboon-simposium met RSG Landbou gesels.
Nedibest Brahmane hou veiling
Lourens du Plessis van Louma Boerdery praat oor die Nedibest Brahman-bulveiling van 21 Augustus.
Klimaatslim vir rooivleis
James Faber van die Rooivleisprodusente-organisasie gesels oor die verband tussen klimaatslim boerderypraktyke en rooivleisproduksie.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.


