HomePodcastsRSG Landbou: 11 Februarie 2026 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 11 Februarie 2026 – geborg deur BKB

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 SA Suiwelkampioenskap en COIDA-wetgewing en boetes.

2026 SA Suiwelkampioenskap

Het jy geweet ’n rekordgetal van 1 110 suiwelprodukte van 77 vervaardigers is in 2025 vir die SA Suiwelkampioenskap beoordeel? Inskrywings vir vanjaar se kompetisie het reeds geopen, so as jy ‘n suiwelproduk produseer en meer oor die inskrywings wil weet, moenie vanoggend se gesprek met Breyton Milford van Agri-Expo misloop nie.

COIDA-wetgewing en boetes

Alle besighede, insluitend boerderye, moet by die Departement van Indiensneming en Arbeid se Vergoedingsfonds geregistreer wees om hulle werkers teen werksbeserings te dek. Administratiewe boetes kan gehef word indien besighede versuim om betyds te registreer. Stephan Pietersen van Work Accident Support gee raad.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Meet the new NAMC board

The minister of agriculture, John Steenhuisen, recently announced the appointment of ten new members to the National Agricultural Marketing Council (NAMC). These members will...