RSG Landbou: 11 Desember 2025 – geborg deur BKB

In vandag se RSG Landbou gesels ons met Kobus Bester oor die nuut gestigte Stoettelersfederasie en ons ontvang die nuutste vleispryse en weervooruitsigte.

Nuut gestigte Stoettelersfederasie

Twee belangrike rolspelers in die rooivleisbedryf, SA Stamboek en die Lewendehawe Registrerende Federasie, het onlangs die Stoettelersfederasie op die been gebring. Kobus Bester is as voorsitter verkies en hy brei uit oor hul primêre mandaat, naamlik om die belange van stoettelers en produsente wat van geregistreerde diere en/of genetika gebruik maak, te beskerm.

Nuutste vleispryse en weervooruitsigte

Oudergewoonte is Chris Derksen terug met die week se vleispryse en moet ook nie ons gesprek met Johan van den Berg misloop nie. Hy praat oor landbou-weervooruitsigte.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Die invloed van individuele spasietoekenning op lammers se voer- en waterinname (Deel 1)

Estimated reading time: 8 minutes Die stygende wêreldvraag na voedsel tesame met ’n afname in...

Van toeka tot nou: Slagdag op die plaas

Estimated reading time: 6 minutes Ná ’n slagdag is daar seep gekook, vet en kaiings...

Agbiz Grain Quarterly May 2026

The May 2026 issue of Agbiz Grain Quarterly boasts an impressive lineup of articles,...

Dinamika en ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse lusernhooibedryf: Produsentepryse (Deel 4)

Estimated reading time: 7 minutes Vorige artikels in hierdie reeks het gefokus op aspekte soos...