RSG Landbou: 1 November 2023 – geborg deur Plaas Media

Heinz Gruhn van die Otongovi-Hereford-stoetery in Namibië is vanjaar tydens die LRF se jaarlikse veeskool as die Stoetteler van die Jaar aangewys. Ons vind meer uit oor hierdie besonderse Hereford-kudde in Woensdag se aflewering van RSG Landbou.

RSG Landbou het ‘n luisteraarsvraag ontvang oor die verskil tussen die verbruikersprys en produsenteprys van makadamia-neute. Ons het by Pieter van der Westhuizen van die Suid-Afrikaanse Makadamiaverwerkersforum gaan aanklop.

Luister nou na dié interessante onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Popular stories