RSG Landbou: 1 Januarie 2026

In vandag se RSG Landbou luister ons na ons gesprek met die stigter van Gerber & Co, Stefan Gerber en ons hoor weer oor plant- en swamvergiftiging by vee by dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk.

Het jy geweet ongeveer 99% van Suid-Afrika se totale wolproduksie word in ‘n rou formaat uitgevoer? Daar is egter een maatskappy wat in 2017 besluit het om ‘n wolverwerkingsbesigheid te begin. Ons het in Oktober vanjaar hierdie onderneming in die Paarl besoek en daar met die stigter, Stefan Gerber van Gerber & Co, gesels.

Dan hoor ons wat dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk te sê het oor plant- en swamvergiftiging by vee.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories