RPO Noord-Kaap vereer staatmakers

Estimated reading time: 3 minutes

Tydens die gala-aand van die Rooivleisprodusente-organisasie in die Noord-Kaap (RPO Noord-Kaap) op 11 Junie 2025, is verskeie rolspelers in die provinsie vir hul aandeel in die werksaamhede van die organisasie vereer. Dit is die eerste keer dat dié organisasie so ’n wye verskeidenheid rolspelers tydens hierdie galadinee vereer het.

Pryse is tydens die funksie in die volgende kategorieë oorhandig:

Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se beste veediefstal-eenheid:

Kimberley.

SAPD se beste ondersoekbeampte in die Noord-Kaap:

Sersant Winston Julies van De Aar.

Tydens die RPO Noord-Kaap se gala-aand op 11 Junie 2025 is Sersant Winston Julies van De Aar as die beste ondersoekbeampte van ‘n veediefstal-eenheid in die Noord-Kaap aangewys. Kimberley SAPD is vereer as die beste veediefstal-eenheid. Frederick van Zyl van RPO Noord-Kaap het die trofee aan sersant Julies oorhandig.

Beste abattoir/voerkraal:

Eerste plek: Kyto Voerkraal.

Tweede plek: Calvinia Lande.

Derde plek: Cavalier Voerkraal.

Beste veilingshuis:

Eerste plek: Noord-Kaap Lewendehawe.

Tweede plek: OVK.

Derde plek: Karoo Ochse.

Beste kleinhandelsvennoot:

Eerste plek: Beefmaster-fabriekswinkel in Kimberley.

Tweede plek: GWK-kleinhandel.

Derde plek: OVK-handel.

Verskeie rolspelers in die Noord-Kaap is tydens die RPO Noord-Kaap se gala-aand op Kimberley vereer vir hul aandeel in die sukses van die organisasie en vir diens wat hulle aan boere in die Noord-Kaap lewer. Roelie van Reenen, verskaffingskettingbestuurder by Beefmaster-fabriekswinkel Kimberley het die trofee as Beste kleinhandelsvenoot ontvang. GWK was tweede en OVK derde. Van links is Roelie van Reenen (Beefmaster), Ryno Rall (GWK), Yolande Botha (bedryfsorganiseerder van RPO Noord-Kaap), en Kallie Cilliers (Integrisure).

Beste dieregesondheidspesialis:

Eerste plek: Deon Kriel.

Tweede plek: Marlene Pieterse.

Derde plek: Dr Sherike van der Merwe.

Beste predasiespesialis:

Eerste plek: Philip Badenhorst.

Tweede plek: Niel Viljoen.

Derde plek: H&J Jakkalsbeheer.

Die beste predasiespesialis/professionele jagter is tydens die RPO Noord-Kaap se jaarlikse gala-aand vir hul diens aan die boere in die Noord-Kaap vereer. Philip Badenhorst van Ulco was die wenner. Tweede was Niel Viljoen (afwesig) en derde was H&J Jakkalsbeheer. Van links is Johan du Toit (RPO Noord-Kaap), Philip Badenhorst, Jaco Oosthuizen, en Henry Hartzenberg (H&J Jakkalsbeheer), en die verteenwoordiger van die borg, Wildman.

Ondervoorsitter, Charl Saunderson, het ook oorkondes aan twaalf persone oorhandig vir hul jarelange en toegewyde diens aan RPO Noord-Kaap, naamlik: James Faber, Nasionale RPO-voorsitter; Brand du Toit, RPO Noord-Kaap-voorsitter; Koning Scholtz, voormalige RPO Noord-Kaap-voorsitter; Joe Scholtz, voorsitter van die landelike veiligheid- en veediefstalkomitee by Agri Noord-Kaap, ondervoorsitter van nasionale veiligheid by Agri SA en ondervoorsitter van die nasionale veediefstal-eenheid by die RPO; Pieter Smit, voorsitter van die Mier Landbou-unie; WK Shaw van die Ghaap Landbou-unie; Koos du Pisanie, streeksverteenwoordiger van Plaas Media; Phillip Louw van Agri Oranje Noord; Sybrand Venter van die Carnarvon Landbou-unie; JJS Oberholser van die Postmasburg Landbou-unie; Johannes Human van die RPO Noord-Kaap; en Marian van der Westhuizen, rekenmeester van Agri Noord-Kaap. – Koos du Pisanie, Plaas Media

Lees meer oor die RPO Noord-Kaap se jaarlikse kongres.

Must read

LandbouRadio: 7 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Dinsdag, 7 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Johan gesels met dr Bobbby van der Westhuizen, hoofbestuurder...

RSG Landbou: 7 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gemmerbedryf, die Nasionale Wolkwekersvereniging se 100ste bestaansjaar en ons ontvang die nuuste wolmarkverslag. Gemmerbedryf Niks...

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

LandbouRadio: 6 April 2026

In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt, en hy gesels oor die...

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR) Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar...