Regulatoriese landskap in die suiwelbedryf

Estimated reading time: 1 minute

Suid-Afrika se regulatoriese omgewing vir die suiwelbedryf behels spesifieke wetgewing en uitgebreide regulasies wat minimumvereistes vir gehalte, veiligheid en metrologie voorskryf.

Lees meer oor die higiëniese ontwerp van suiwel-infrastruktuur.

Wat is die Suiwelstandaardagentskap se pligte in hierdie verband?

Die Suiwelstandaardagentskap (SSA) se pligte ten opsigte van die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf, kortliks opgesom, is soos volg:

  • Die monitering van suiwelprodukte vir voldoening aan wetlike standaarde gebaseer op wetenskaplike metodes.
  • Skakeling en kommunikasie met relevante belanghebbendes om die gehalte van suiwelprodukte te handhaaf en te verbeter.
  • Die uitvoer van voedselveiligheidsoudits en die verskaffing van wetenskaplike, tegniese inligting aan belanghebbendes in die suiwelbedryf.
  • Die bestuur van Melk SA se suiwelregulasies- en standaarde-projekte.

SSA brei hieroor uit

Jompie Burger, besturende direkteur van die SSA, het met Plaas TV oor die suiwelbedryf se regulatoriese landskap gesels. Luister hier na die onderhoud:

Popular stories