Monday, February 3, 2025
HomePlaas TVRegsadvies en landboukennis op Plaas TV

Regsadvies en landboukennis op Plaas TV

-

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:

  • Die produksie van melkkoeie word deur verskeie faktore beinvloed, waarvan voeding een van die belangrikstes is. Suretha Francis van SA Stamboek brei nou uit oor die gebruik van data vir voedingsbestuur in jou melkkudde.
  • Die Rooivleisbedryfsdienste (RMIS) se nuwe omvattende bedryfsverslag is vir die eerste keer in Desember vrygestel. Dewald Olivier brei nou hieroor uit.
  • Die jaarlikse Williston Skou is om die draai en beloof om propvol landbou-aktiwiteite te wees. Wilhelm Steenkamp vertel ons nou wat besoekers te wagte kan wees.
  • Thamsanqa Mxokozeli was announced the 2024 ARC KyD National Beef Farmer of the Year during a recent awards function. He now elaborates on his success recipe.
  • Die LWO Werkgewersorganisasie gesels vandag oor ‘n belangrike onderwerp wat beide die werkgewer en werknemer raak – hoe bewyse tydens dissiplinêre en arbitrasieverhore aangebied en gebruik word. Xander Levendal brei nou hieroor uit.
  • Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes, beter bekend as die COIDA-wet, is ‘n Suid-Afrikaanse wet wat vergoeding voorsien vir werknemers wat beseer word of siek word terwyl hulle werk. Dis egter belangrik dat produsente hulself vergewis van hul verantwoordelikhede as werkgewers. Stephan Pietersen van Work Accident Support brei nou hieroor uit.

Must Read

A New Era of Mobility: Say Hello to Flexibility with KINTO...

Estimated reading time: 3 minutes Imagine the freedom of subscribing to your favourite music, movies, or even gym services. Toyota has introduced this concept to...

BEK amper oral onder beheer