Monday, February 3, 2025
HomeAgri NewsNoord-Kaap spog met nuwe boerevereniging

Noord-Kaap spog met nuwe boerevereniging

Estimated reading time: 2 minutes

Daar is niks klein of tingerig aan Klein Mier in die Noord-Kaap se nuwe boerevereniging, die Kalahari and Upington Farmers Association (KUFA), wat op 9 Oktober op die plaas Breekduin in die lewe geroep is nie.

Hierdie boerevereniging is daartoe verbind om alle produsente in die Kalahari- en Upington-distrik te bedien. Dit spog reeds met 156 lede en nuwe lede word daagliks bygevoeg, het Larry Snyders, sekretaris van die vereniging, aan AgriOrbit bevestig.

Uit nood gebore

Baie produsente het in 2022 tot 90% van hul weiveld in geweldige veldbrande verloor en sedertdien het die streek min tot geen reën ontvang.

Boere wat reeds swaar gebuk gegaan het onder droogtetoestande, was op hul knieë gedwing. Maar Kalahari-bewoners weet hoe om te oorleef, sê ds Pans Willemse, voorsitter van die nuwe boerevereniging. “Kalahari-tjeeners ken van oorleef en ons het toe besluit om die leeu aan sy keel te gryp.”  

Só het 34 produsente uit die Kalahari- en Upington-distrik op Breekduin tussen Groot Mier en Askam bymekaargekom om ’n grondwet vir die nuwe boerevereniging te aanvaar en te onderteken.

Buiten dat dit produsente wil ondersteun, wil die boerevereniging hom ook beywer om ’n daadwerklike bydrae tot volhoubare boerderypraktyke maak, omdat dit die voortbestaan van die boeregemeenskap en voedselsekerheid van die streek sal verseker, sê Snyders.

“Ons spog met ’n formidabele bestuurspan, wat onder meer bedryfsleiers op regs-, finansiële en primêre produksievlak insluit, en daarom glo ek dis wat die organisasie sal bereik.” Die bestuur wil spesifiek fokus om produsente wat in die verlede uitgesluit is, te verteenwoordig.

Eerste vergadering verloop vlot

Die nuwe boerevereniging is op 9 November amptelik bekendgestel. Gassprekers by die geleentheid was Lilian Senosi, provinsiale direkteur van die Noord-Kaapse Departement van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Brendan Baatjies, Landbank se provinsiale bestuurder in die Noord-Kaap, Keitumetsi Esiang, distriksdirekteur van die Noord-Kaapse Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, prof Stanley Peterson, voorsitter van die vergadering van die ZF Mgcawu distriksmunisipaliteit, adj Jacques Okhuys van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se plaaslike veediefstaleenheid en Kotie Mouton, takbestuurder van KLK Rietfontein. – Susan Marais, Plaas Media

Vir meer inligting, kontak Larry Snyders by 063 478 7766 of kufa.nc24@gmail.com

LandbouRadio: 3 Februarie 2025

Welkom by 'n splinternuwe LandbouRadio met 'n effense ander baadjie aan. Ons groet vandag ons jarelange omroeper, Gerda le...

RSG Landbou: 3 Februarie 2025 – geborg deur Plaas Media

Senwes het in Januarie aangekondig dat Debbie Bester vanaf 1 April die leisels as uitvoerende hoof van dié landboumaatskappy...

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO....

A New Era of Mobility: Say Hello to Flexibility with KINTO ONE

Estimated reading time: 3 minutes Imagine the freedom of subscribing to your favourite music, movies, or even gym services. Toyota...

BEK amper oral onder beheer

Estimated reading time: 2 minutes Die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (WOAH) het bekendgemaak dat alle uitbrekings van bek-en-klouseer (BEK) – buiten...

The traceability ball starts rolling: How to obtain your GLN

Estimated reading time: 7 minutes Traceability will become a reality in the near future, and the RMIS is urging producers...

Keep exploring...

Landboumarkte: Rand, mielies en wol verswak in Januarie

Estimated reading time: 2 minutes Hier volg die oorsig van die landboumarkte in Januarie 2024.Die rand het die jaar goed begin en het gedurende...

Landboumarkte: Speenlamprys bly daal in Februarie

Estimated reading time: 3 minutes Hiermee 'n oorsig van die landboumarkte in Februarie 2024: Nadat die rand die jaar sterk begin het, het die geldeenheid deurlopend...