Alhoewel die atmosfeer 79% stikstof (N2) bevat, kan hierdie stikstof weens die onaktiewe eienskap van die gas, nie deur lewende organismes benut word nie. Die stikstof word deur fikserende bakterieƫ in die grond na ammoniak omgeskakel, wat op sy beurt deur dieselfde bakterieƫ na nitriet en dan nitraat omgeskakel word.

Nitraat is ā€™n noodsaaklike nutriĆ«nt vir plante, omdat dit as voorloper vir proteĆÆensintese gebruik word. Plantensieme skakel nitraat, wat algemeen in groeiende plante voorkom, weer om na ammoniak, wat dan die proses van proteĆÆensintese laat plaasvind.

Tydens die produksie van groenweiding en die bemesting daarvan, verhoog die stikstof- en nitraatinhoud. Alhoewel nitraat onder normale groeitoestande vorm, vind daar nie buitensporige ophoping daarvan in plante plaas nie, omdat dit in plantproteĆÆen omskep word.

Oorsake van verhoogde nitraat

Enige omstandighede wat egter die groei van die plant belemmer, kan ophoping veroorsaak. Dit sluit stresfaktore soos bewolkte of koeler weer asook verminderde watertoevoer in. Warm, bedompige weer en warm winde het dieselfde tot gevolg. Hael, ryp en onkruiddoders kan ook die proses van fotosintese verhinder en nitraat in die plant verhoog.

NĆ” waterstremming en droogte, gevolg deur reĆ«n of besproeiing, versnel die opname van nitraat uit die grond deur die plant, wat die omskakeling daarvan na proteĆÆene oorweldig. Die gevolg is dat nitraat in die plant verhoog. Wanneer normale groeitoestande terugkeer, word nitraat teen ā€™n versnelde tempo na proteĆÆen omgeskakel. Dit kan egter weke neem om te normaliseer.

Grond bly die hoofbron van nitraat in plante en bemesting, en urine en mis van diere kan die ophoping van nitraat in die grond veroorsaak.

Die vlakke van nitraat in hawer en gars wat met 67 tot 134kg kunsmis per hektaar bemes is, het onderskeidelik van 2 149 tot 5 613mg/kg droĆ«materiaal (DM) en van 868 tot 2 627mg/kg DM, gewissel. Nitraatvlakke in die wortels van plante is baie hoĆ«r as in die loof. Nitraat kom ok teen hoĆ«r vlakke in jonger, groeiende plante plante as in ouer plante voor.

Koolgewasse en rape kan tussen 0,9 en 12% nitraat/kg DM bevat as die omstandighede daarvoor gunstig is. Meerjarige, gevestigde weidings kan ook hoƫ vlakke bevat, veral omdat dit jonk gesny of bewei word om die maksimum voedingswaarde tydens die plant se groeistadium te benut.

Lusern, byvoorbeeld, bevat 1 800mg nitraat/kg DM in die eerste snysel, en 3 200mg nitraat/kg DM in die tweede snysel (vegetatiewe stadium). Dit dui die effek van ā€™n plant se groeistadium op sy nitraatvlakke aan. Mineraaltekorte en -wanbalanse in grond kan die nitraat in plante ook noemenswaardig verhoog.

Nitraat is nie ā€™n algemene voedingstof wat in herkouerdiĆ«te voorkom of bygevoeg word nie, maar kan dien as ā€™n stikstofbron om aminosure en proteĆÆen deur rumenmikrobes te laat vorm. By inname word nitraat in die rumen van herkouers deur die nitraatreduktase of -ensiem na nitriet omgeskakel (gereduseer), wat dan deur die nitrietreduktase na ammoniak omgeskakel word.

Daar is ā€™n ekwilibrium tussen die werking van hierdie twee ensieme, maar wanneer die nitraatinhoud versteur word, raak die proses ongebalanseerd. Die probleem is egter nie in die rumen nie, maar wanneer nitriete na die bloedstroom beweeg en oksihemoglobien na methemoglobien omskakel.

Simptome van vergiftiging

Anders as hemoglobien, kan methemoglobien nie suurstof bind nie en kan dit die vervoer van suurstof na die liggaamselle belemmer. Die dier ontwikkel dan anemiese anoksie, of sellulĆŖre versmoring.

Diere wat vermoedelik vergiftig is, moet dadelik van weiding verwyder word en hooi met lae nitraatvlakke ontvang. Diere kan ook binneaars met metileenblou ingespuit word.

Simptome sluit vinnige of moeilike asemhaling, asook algemene swakheid en lusteloosheid, spiersametrekkings, stuiptrekkings en versnelde hartklop in. Die skildklierfunksie en vitamien A-metabolisme verlaag ook. In erge gevalle kom aborsies selfs voor. Beeste is baie meer vatbaar vir nitrietvergiftging as skape.

Nitraat in herkouerdiƫte

Alhoewel nitriet skadelik vir diere kan wees, is al bewys dat dit produksie en doeltreffendheid verhoog weens die effek daarvan op verminderde metaanproduksie. Metaanproduksie is belangrik tydens die produksie van energie in die rumen, maar die oormatige produksie daarvan veroorsaak ondoeltreffende energiemetabolisme.

Om ā€™n noemenswaardige verlaging in metaanproduksie in herkouers te bewerkstellig, kan nitraat noukeurig aangevul word, maar die dieet moet laag in proteĆÆen wees en redelike lae vlakke van nieproteĆÆenstikstof (NPN) asook hoĆ« vlakke van deurvloeiproteĆÆen bevat, om rumenmikrobes te stimuleer om die nitraatstikstof te benut.

Voorkomingsmaatreƫls

Nitrietvergiftiging kan beperk word deur eerstens die nitraatinhoud van plante te evalueer. Die maklikste is om diere se weityd te beperk, of hulle nie te laat wei waar plante onder stres verkeer nie. Geen herkouer moet ooit honger na enige aangeplante weiding geskuif word nie. Oormatige inname van weiding binne ā€™n beperkte tyd oorskry die rumenbakterieĆ« se vermoĆ« om nitriet te detoksifiseer.

nitrietvergiftiging
Doelgerigte bestuur en sorg moet toegepas word wanneer aangeplante weidings bewei word.

Voer diere voor hulle wei, en wei elke dag een uur langer as die vorige. Voor plante gesny word en as groenvoer gevoer word, moet dit vir minstens twee dae aan goeie sonlig blootgestel word. Gewasse soos gars, koring, hawer, rog en kanola, wat groen gevoer word, het hoƫr vlakke van nitraat as ander plante.

Inkuiling van plantmateriaal kan nitraatvlakke met soveel as 30 tot 60% verlaag. Lusern bevat byvoorbeeld 0,06 tot 0,6% nitraat/kg DM, in vergelyking met lusernkuilvoer se 0 tot 0,36%.

Diere kan aangepas word op voere wat hoĆ«r vlakke van nitraat bevat, maar dit moet geleidelik oor minstens ā€™n week plaasvind. ā€™n Produksielek met genoegsame energie in die vorm van graan, help met die omskakeling van nitriet na ammoniak in die rumen. Pas egter op om die rumen-pH te verlaag, wat veral negatief op protosoĆ« inwerk en nitraatafbreking vertraag.

Om swawel in lekke in te sluit kan ook die effek van nitrietvergiftiging beperk, as gevolg van die positiewe effek daarvan op sellulolitiese organismes. Wanneer gekerfde groenvoer aan diere gevoer word, moet dit vars en vir nie langer as drie tot twaalf ure nĆ” sny, gevoer word nie. Plante kan alternatiewelik naby aan die reproduktiewe stadium gesny word. Dit sal die risiko verlaag, maar die gehalte sal ingeboet word.

Vir diere onder stres moet voer met nitraatvlakke van 0,6 tot 0,9% op ā€™n DM-basis vermy word. Om veilig te wees moet die vlakke van nitraat nie meer as 0,3 tot 0,6% op ā€™n DM-basis in weidingsplante wees nie.

Behandeling

Diere wat vermoedelik vergiftig is, moet so spoedig as moontlik van weiding verwyder word en hooi met lae vlakke nitraat ontvang. Diere kan ook binneaars met metileenblou ingespuit word. Indien vergiftiging vroeg genoeg opgetel word, is hierdie behandeling baie doeltreffend. ā€“ Dr Ockert Einkamerer, Universiteit van die Vrystaat

Vir meer inligting, stuur ā€™n epos aan dr Ockert Einkamerer by einkamererob@ufs.ac.za.