Monday, March 10, 2025

Navigeer en beheer die datadoolhof met AFS Connect

Estimated reading time: 4 minutes

Vinnige landboutegnologiese vooruitgang beteken produsente moet kophou om volle voordeel daaruit te trek. Maar hoe gemaak as jy reeds groot bedrae geld bestee het aan toerusting wat nog bruikbaar is, maar nie noodwendig by jou bestuursplatform inskakel nie?

Case IH se AFS Connect-stelsel is nie handelsmerk-spesifiek nie. Verskeie werktuie en implemente van verskillende vervaardigers se data kan op hierdie sentrale punt versamel word en ’n geïntegreerde beeld van die boerdery bied, verduidelik Esmond Coen, die hoof van presisielandbou vir CNH in Suid-Afrika– wat Case IH en New Holland insluit.

Insameling van data

Die AFS Connect-stelsel is geskoei op ’n toeganklike datastandaard soos ISOXML wat meebring dat data seepglad tussen Case IH, New Holland en ander vervaardigers se toerusting gedeel kan word mits hierdie standaard gebruik word. Dit sluit derde-party telemetrieverskaffers in. Trekkers, planters, spuite, stropers en ander toerusting se data kan dus op een platform versamel word.

Nuwe toerusting koppel bloot met ’n dataverbinding aan die platform, terwyl ouer toerusting wat data versamel – maar dit nie regstreeks kan oplaai nie – se data later op die platform gelaai kan word. Dis wel so dat betroubare dataverbindings in sommige dele van Suid-Afrika ’n uitdaging is. Coen sê hulle is voortdurend besig om voort te bou op die GSM-netwerk in landelike gebiede om dataverbindings te verbeter.

Esmond Coen
Esmond Coen

Natuurlik is daar ook die BOC, of bring your own connection. Talle produsente het reeds wifi-uitbreiders op hul plase geïnstalleer om betroubare dataverbindings te verseker. Satelliet-internettoegang raak ook meer algemeen en bekostigbaar.

Dit is egter nie ’n probleem indien ’n verbinding onderbreek word nie. Die data word op die werktuig gebuffer en na die AFS Connect-platform opgelaai sodra die verbinding herstel is, of die werktuig weer binne reikafstand van ’n wifi-netwerk kom. Met RTK Plus se outonome bestuursfunksie kan ’n masjien op koers bly, sou die dataverbinding onderbreek word.

In die wolk

AFS Connect verseker dat alle data op ’n sentrale punt gestoor word. Dit bied aan produsente ’n holistiese oorsig wat hulle toelaat om doeltreffendheid te verbeter en kostes te verlaag. Die data kan selfs gebruik word om die doeltreffendheid van verskillende handelsmerke te vergelyk.

AFS Connect versamel hierdie magdom data in die wolk of cloud. Die wolk het onbeperkte kapasiteit waar dit van enige plek in die wêreld toeganklik is. Die data word veilig en privaat op die produsent se profiel gestoor en hy/sy kan besluit met wie dit gedeel word. Dit kan gebruik word in die opstel van bemestingsvoorskrifte, spuitprogramme, bewerkingstaktieke en vele meer.

Nuwe, goedkoper tegnologie maak dit moontlik om ’n rits ander toerusting en sensors aan AFS Connect te koppel, van grondvogsensors en weerstasies, tot bakkies en selfs kragopwekkers.

Gebruikersvriendelike metodes

AFS Connect se mikpunt is om produsente by te staan om die stelsel geleidelik te implementeer. Daar is ’n intekenfooi verbonde aan die gebruik van die stelsel wat in die aankoopprys van die meeste nuwe toerusting ingesluit is. Daar is geen beperking op die aantal toestelle wat aan die stelsel gekoppel kan word nie.

AFS Connect maak gebruik van kaarte, tabelle en verslae wat die data gebruikersvriendelik uitbeeld. Produsente kan tendense en probleme vroegtydig identifiseer en ingeligte besluite neem op grond van werklike resultate.

Die stelsel fasiliteer ook die skep en implementering van variërende grondvoorskrifte. Dit kan self of deur konsultante opgestel word om plantestand, kunsmistoediening en onkruidbeheer oor ’n land af te wissel op grond van wisselende grondtipes en -potensiale.

Lees hoe hommeltuie ‘n verskil op die plaas kan maak.

Die werklike waarde van data lê in ’n groot datastel wat oor verskeie seisoene geneem is en boekhou van al die veranderlikes. Hoe meer data daar is, hoe meer akkuraat is toekomstige skattings.

Vir meer inligting, besoek Case IH se webwerf by www.caseih.co.za.

Must read

RSG Landbou, skaapstelsel

RSG Landbou: 10 Maart 2025 – geborg deur BKB

Die Nasionale Dohne Merino-veiling, wat op 1 Februarie in Bloemfontein aangebied is, kan met ‘n 100%-verkoopsyfer spog en volgens Vaughn Collier, is goeie pryse...

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie...

Die bestuur van somatiese seltelling in melkbeeste (Deel 1)

Estimated reading time: 5 minutes Hoë somatiese seltelling (SST) in melkkoeie is ’n simptoom van ’n onderliggende probleem. Somatiese seltelling is ’n aanduider van uiergesondheid. Die uitdaging...

Skouseisoen in volle swang – op Plaas TV

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Williston-landbouskou het dié dorpie...

Boere maak sports op Brits

Estimated reading time: 6 minutes Meer as 200 jongboere van regoor OBARO se bedieningsarea het verlede Vrydag en Saterdag in spanverband kragte gemeet om te...