Nampo 2024 – ‘n Oesdag vir die boeke!

Estimated reading time: 2 minutes

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:

  • Twee rooi beeste het by vanjaar se interraskompetisie by die afgelope Nampo Oesdag as wenners uit die stryd getree. Die Sussex-bul van Huntersvlei Sussex en die Santa Gertrudis-koei van Jan Botma is onderskeidelik as die interras-bul en -koeiwenners aangewys. Plaas TV het hier met van die wenners oor hul prestasies gesels.
  • New Holland se T6.180 is tans die enigste trekker in die mark wat deur metaangas aangedryf word. Dit kan ekstra besparing vir produsente wat hul eie metaangas kan opwek, beteken. Jaco du Preez van New Holland het by Nampo 2024 onder andere oor dié unieke trekker uitgebrei.
  • Charl Saunderson van Kenhardt in die Noord-Kaap het ‘n unieke benadering tot volhoubaarheid en boerdery. Plaas Media se Koos du Pisanie het by hierdie Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-finalis gaan inloer en met hom oor sy praktyke gesels.
  • Vir Elanco gaan dit nie net oor die verkoop van dieregesondheidsmiddels aan produsente nie, maar oor verhoudings bou, en ‘n geleentheid soos Nampo is volgens dr Alnora le Riche, die perfekte platform hiervoor. Sy het by die afgelope Nampo Oesdag hieroor uitgebrei.
  • BKB, die grootste wolmakelaar in Suid-Afrika, se kleinveevoetspoor strek regoor die land. Plaas TV het by die afgelope Nampo Oesdag met BKB-rolspelers oor hul betrokkenheid in die bedryf gesels.

Presenter/s dressed by Jonsson Workwear.

Het jy geweet dat Plaas TV ‘n Facebook blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte te bly van die jongste landbounuus en -onderwerpe!

Klik op die YouTube kanaal se skakel om weer Plaas TV se episodes te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A

Plaas TV/Farm TV is in Junie 2020 bekendgestel en verskaf topgehalte en feitelik korrekte landbounuus en -inhoud. Klik op die skakel hierbo om al Plaas TV se inhoud van die afgelope twee jaar te sien. Van landbouprogramme tot die geskiedenis van pinotagewyn, Plaas TV dek alle uithoeke van die landbousektor.

Die geheim van goeie somatiese seltellings in ‘n melkkudde

Estimated reading time: 5 minutes Etienne Zeeman van die plaas, Leeurivier, naby Swellendam produseer...

Die onskatbare voedingswaarde van soja-oliekoek

Estimated reading time: 4 minutes Soja-oliekoek bly een van die heel belangrikste insluitingskomponente in...

Managing Newcastle disease: Proactive poultry disease strategies

Estimated reading time: 5 minutes Newcastle disease is a serious viral infection caused by...

Building blocks of a layer farm for commercial egg production

Estimated reading time: 10 minutes Alan Saunders, former president of the Southern African Poultry...