’n Skaapboer se beste vriend

Share This Post

Estimated reading time: 4 minutes

Nampo Kaap 2024 het ’n opwindende nuwe item op die program met die skaaphondprogram wat van Woensdag 11 tot Vrydag 13 September 2024 in die BKB Veesentrum plaasvind.

Lees hierdie persverklaring in Engels hier.

Pippa Philip, nasionale sekretaris van die Suid-Afrikaanse Skaaphondvereniging (SASDA), een van die organiseerders van die geleentheid by Nampo Kaap 2024, verduidelik: “Ten spyte daarvan dat tegnologie vele aspekte van landbou oorneem, het werkende honde steeds ’n baie waardevolle rol om te speel. ’n Goed opgeleide hond kan ’n skaapboer of sy personeel help om ’n trop skape of beeste op ’n doeltreffende en spanningsvrye manier te hanteer.

Meganiese toestelle, soos hommeltuie, is net so goed soos hul operateur, terwyl ’n goeie hond die diere kan ‘lees’ en toepaslik optree. Philip prys hierdie honde, wat reeds vir honderde jare geselekteer word vir hul vermoë om ’n trop skape bymekaar te maak en vir hul opleibaarheid. “ ’n Ervare vennootskap van ’n hanteerder en sy hond is ongelooflik om te sien en hierdie honde, wanneer hulle behoorlik opgelei en bestuur word, kan die wonderlikste take verrig. Daar is niks meer bevredigend as om ’n moeilike werk met jouself en jou hond uit te voer nie.”

Die Woensdag en Donderdag se program begin om 09:00 begin met ’n uurlange demonstrasie en verduideliking van hoe om ’n hond te begin oplei om met skape te werk. Daar sal honde in verskillende stadiums van opleiding wees, wat die opleidingsproses se vordering sal toon, met ’n interaktiewe sessie vir toeskouers om vrae te vra en raad te bekom.

Lees meer oor vanjaar se Nampo Kaap hier.

Enigeen kan deelneem

Philip sê: “Die Woensdag, tussen 11:00 en 13:00 en 15:00 en 17:00, sal daar ’n kraalkompetisie wees vir enige hanteerder wat wil deelneem, met ’n voorgeskrewe baan en vasgestelde tydsbeperking. Afhangende van inskrywings word ’n paar rondtes beplan, met elke rondtewenner wat aan die einde van die dag na die finale rondte deurdring, gevolg deur ’n prysuitdeling, geborg deur Optimizor-hondekos. Deelname is gratis, maar belangstellendes word gevra om die SASDA-kantoor by 078 439 0329 te kontak.”

Op die Donderdag, gedurende dieselfde ure, sal ’n kraalkompetisie met van die SASDA-lede aangebied word, wat dieselfde formaat sal volg. Onder diegene wat deelneem, is 2023 se Hond van die Jaar, Diesel, en sy hanteerder Mark Trollip van Swellendam. Die Hond van die Jaar-toekenning is ’n gesogte toekenning vir die hond wat regdeur die jaar die beste presteer. Die SA Nasionale Kampioen vir 2023, Mac, met sy hanteerder, Pierre Strydom van Kareedouw, sal ook deelneem. Tydens die geleentheid sal kommentaar gelewer en verduidelik word waarna die beoordelaar soek.

Die Vrydag, tussen 11:00 en 13:00, sal ’n kort kompetisie tussen SASDA-lede aangebied word, plus ’n demonstrasie van twee honde wat gelyktydig gewerk word (pare). Daar sal ook ’n vraag-en-antwoord-sessie wees, met demonstrasies, indien moontlik. “Vir die drie dae sal ons ’n stalletjie in die BKB-Lewendehawesentrum hê, beman deur lede van SASDA, wat graag vrae sal beantwoord en daar sal ook opleidingsmateriaal te koop wees. Ons is baie dankbaar vir borgskappe van BKB en Optimizor-hondekos wat die program moontlik maak,” sê Philip.

Vir meer inligting, kontak SASDA by 078 439 0329 (Dinsdag tot Vrydag, 09:00 tot 13:00), epos sasda@jenny.co.za of besoek die webtuiste www.sasda.za.net.

Toegangskaartjies is vanaf 1 Julie 2024 aanlyn beskikbaar by www.ticketpros.co.za, met afslag op toegangsfooie vir aanlynaankope, teen R80 vir volwassenes en R50 vir skoolgaande kinders. Kaartjies sal by die hekke te koop wees teen R100 vir volwassenes en R50 vir kinders. Voorskoolse kinders se toegang is gratis. Nampo Kaap duur van Woensdag 11 tot Vrydag 13 September van 08:00 tot 17:00 en Saterdag 14 September van 08:00 – 14:00. Besoekers kan die Kaap Agulhastoerismekantoor kontak vir verblyf by 028 424 2584/082 896 2225 of www.overberg-info.co.za.

Vir meer inligting oor Nampo Kaap 2024, besoek www.nampokaap.co.za, kontak Chrystal van Wyk by 028 050 1385 of stuur ’n e-pos aan admin@expo.org.za. Vir enige media-navrae, kontak Gerda Kriel by 072 664 7667 of stuur ’n epos aan media@expo.org.za. – Persverklaring, Graan SA

Related Posts

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 36 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not...

Ankole embryos sell for record price in South Africa

The South African record price for embryos sold was...