Melkbedryf vier uitnemendheid

Estimated reading time: 3 minutes

Transem het op 14 November 2025 hul jaarlikse produsentetoekenningsgeleentheid by C’est La Belle in Klerksdorp aangebied. Die glansryke byeenkoms vereer melkprodusente wat deur die jaar melk van uitstaande gehalte gelewer het.

Die geleentheid het nie net ’n uitstekende netwerkplatform geskep nie, maar ook die belangrikheid van volhoubare boerderypraktyke en konsekwente gehalte in die melkindustrie uitgelig – sleutelfaktore vir die sektor se volgehoue vooruitgang.

Die dag se hoogtepunt was die hoofrede deur Ramonde Odendaal, ’n landbou-ekonoom van Senwes met meer as 25 jaar se ervaring in die sektor. Odendaal het beklemtoon dat deeglike finansiële ontleding en professionele advies noodsaaklik is om optimale resultate te behaal en boerdery-aktiwiteite op die lang duur volhoubaar te bestuur.

Verskeie maatskappye wat ’n verbintenis met Transem het, het die toekennings geborg. Hierdie ondersteuning het dit moontlik gemaak om toonaangewende produsente in verskeie prestasiekategorieë te vereer gebaseer op ’n aansporingsmodel wat jaarliks van Oktober tot September beoordeel word. Die stelsel is ontwerp om produsente aan te moedig om volgehoue hoë gehalte-melk te lewer.

Die Produsent van die Jaar is uit die top vyf produsente met die hoogste gemiddelde prestasie oor die jaar, gekies. Die ranglys was:

  • Eeste plek: Juanita Dedwith, bestuurder van Wynn-with melkplaas.
  • Tweede plek: Solomon (Salie) Coomans, eienaar van SW Coomans en seuns boerdery BK.
  • Derde plek: Johan Pretorius, trustee en produsent van die JJG Trust.
  • Vierde plek: Joppie Marais, trustee van die Asmari Trust.
  • Vyfde plek: Nico de Bruyn, eienaar van NJ de Bruyn.

Wynn-with melkplaas is as Produsent van die Jaar bekroon en het met ’n kontantprys, wat deur ALPLA geborg is, weggestap. Hierdie toekenning dien as erkenning vir die boerdery konsekwente uitnemendheid in gehalte, produksie en volhoubare praktyke.

Die pad vorentoe: ’n Toekoms gebou op innovasie en samewerking

Die 2025-toekenningsgeleentheid het nie net uitstaande individuele prestasies gevier nie, maar ook die waarde van samewerking binne die breër landbou-ekosisteem beklemtoon. Die melkbedryf word staar uitdagings soos stygende insetkoste, klimaatsverandering en verhoogde markdruk vir volhoubaarheid in die gesig. Hierdie toekenningsprosesse en die strategieë van die suksesvolste produsente dien as waardevolle riglyne vir die res van die sektor.

Dit is duidelik dat die toekennings nie bloot ’n viering van die beste in die bedryf is nie, maar ook ’n motivering vir alle melkprodusente om voortdurend na verbeterde gehalte, innoverende metodes en omgewingsverantwoordelike boerderypraktyke te streef.

’n Nuwe era vir die melkbedryf

Transem (Pty) Ltd se jaarlikse toekenningsgeleentheid het weer eens die kritieke rol van die landboubedryf in Suid-Afrika se ekonomiese landskap beklemtoon met ’n groeiende fokus op volhoubaarheid, innovasie en die produksie van die hoogste gehalte-melk.

Deur volgehoue borgskappe, strategiese samewerking en die erkenning van uitnemende prestasie, bevestig Transem dat die toekoms van die melkbedryf in vaardige en toegewyde hande is. Die wenners van die aand kan met trots op hul prestasies terugkyk en die bedryf kan met vertroue vorentoe beweeg. – Transem-persverklaring

Must read

LandbouRadio: 7 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Dinsdag, 7 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Johan gesels met dr Bobbby van der Westhuizen, hoofbestuurder...

RSG Landbou: 7 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gemmerbedryf, die Nasionale Wolkwekersvereniging se 100ste bestaansjaar en ons ontvang die nuuste wolmarkverslag. Gemmerbedryf Niks...

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

LandbouRadio: 6 April 2026

In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt, en hy gesels oor die...

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR) Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar...