HomeMagazinesLuise en myte: Klein gediertes, groot skade

Luise en myte: Klein gediertes, groot skade

-

Estimated reading time: 4 minutes

  • Wolprodusente moet tydens die wintermaande op die uitkyk vir luise en myte in hulle skaapkuddes wees.
  • Luise is insekte (met ses bene) en myte aragniede (met agt bene).
  • Luise en myte het ’n groot impak op veral wolskape, omdat hul teenwoordigheid die wol beskadig.
  • Skape wat jeuk, krap of hul wol uitpluis moet dringend ondersoek word.
  • Daar is drie belangrike beginsels wat geld by brandsiektevoorkoming: biosekuriteit, biosekuriteit en nogmaals biosekuriteit.

Die wintermaande lê voor en wolprodusente moet op die uitkyk wees vir luise en myte in hul skaapkuddes. Dr Didi Claassen van Afrivet sê hoewel besmetting in ander tye van die jaar kan voorkom, is dit in die wintermaande die ergste.

Luise is insekte (met ses bene) en myte aragniede (met agt bene). Luise het ’n lewensiklus van sowat vier tot vyf weke en is meer gasheergebonde. Myt- populasies kan binne ses dae verdubbel aangesien die hele siklus binne 14 dae voltooi kan word en kan tot 17 dae son- der ’n gasheer op verskeie oppervlaktes oorleef.

“Luise en myte het ’n groot impak op veral wolskape (hoewel vleisskape en selfs bokke geaffekteer kan word), omdat hul teenwoordigheid die wol beskadig. Hulle teer op die skaap en die bytplekke veroorsaak gou irritasie omdat dit jeuk. Die skape is geneig om die jeukplekke te byt waar hulle kan bykom of hulself teen ’n boom se bas, doringdraad of pale te skuur. Party skape met erge infestasie verloor soms groot persentasies van hul wol.”

Klik hier vir meer oor biosekuriteit en skape.

Tekens van besmetting

Die produsent met ’n geoefende oog sal die luise en myte met die blote oog raaksien, maar nie almal weet waarna om op te let nie.

“Enige wolversteuring is by die staatsveearts aanmeldbaar omdat dit maklik na ander kuddes kan versprei. Die simptome van verskillende luis- en mytspesies asook bakteriële wolinfeksies lyk boonop dieselfde. Om die oorsaak van die versteuring te bepaal en die spesie te identifiseer, moet geplukte wol van probleemareas onder ’n mikroskoop bestudeer word,” verduidelik sy.

Skape wat jeuk, krap of hul wol uitpluis moet dringend ondersoek word. Dit is die belangrikste sigbare tekens. “Luise en myte is gewoonlik op die rand van die letsels op die dier sigbaar,” sê sy. Nog ’n simptoom is lusteloosheid en afname in aptyt.

Voorkoming en behandeling

Produsente moet saamwerk om brand- siekte onder hul kuddes te voorkom.

“Daar is ’n spesifieke protokol wat die staat opgestel het vir die behandeling van brandsiekte. Verseker egter dat jy die pro- duk wat vir brandsiekte geregistreer is, op die regte manier gebruik en teen die regte dosis toedien.”

Indien ‘n dompeldip of spuitdip gebruik word, moet die diere volkome benat word. Met ‘n dompeldip moet die koppe onder die water gedompel word. Behandelde diere moet met verf of kryt gemerk word. Indien daar met die tweede behandeling een skaap is wat nie gemerk is nie, moet die hele kudde van voor af gedip of behandel word.

Daar is verskillende middels teen luise en myte, maar dit is beter om eers die spesies te identifiseer en daarvolgens die regte middel te gebruik as om geld te mors en die probleem te vererger.

Klik hier om meer oor parasietbeheer by skape te lees.

Voorkomingsbeginsels

“Daar is drie belangrike beginsels wat geld by brandsiektevoorkoming: biosekuriteit, biosekuriteit en nogmaals biosekuriteit.” Mense kan ook die luise en myte van een plaas na ’n ander oordra. Skeerspanne, kuiergaste, voertuie, werkers en die produ- sent self kan die parasiete na ‘n volgende kudde oordra.

Nuut-aangekoopte diere moet in kwarantyn geplaas word voordat hulle met die kudde gemeng word. Gereelde inspeksies van diere en heiningdrade sal vroegtydige identifisering en beheer moontlik maak. Brandsiekte is ’n kudde- probleem en ook ‘n aanmeldbare siekte.Die blote verwydering van erg-besmette diere sal nie help nie, aangesien daar moontlik nog diere sal wees wat onder- liggend besmet is. Behandel elke keer die hele kudde om die probleem aan te spreek. Koos du Pisanie, Veeplaas

Vir meer inligting, kontak dr Didi Claassen van Afrivet by 012 817 9060.

Must Read

Kanola ervaar dinamiese oplewing

Estimated reading time: 7 minutes Die toekoms van die kanolabedryf in Suid-Afrika is vanjaar in een van die sessies van ‘Nasie in Gesprek’ by...