In Dinsdag, 31 Maart se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Johan gesels met dr Gerhard Verdoorn van Croplife SA oor hulle projek om ou gif en leë gifkanne van plase te verwyder.
- Izak Hofmeyr van Plaas Media het tydens Pioneer se agronomiedag met Emile van den Berg gesels oor hulle 100-jarige viering en die mielies in Pioneer se stal.
- Carin Venter van Plaas Media gesels verder met André Christie Smith van Klipheuwel by Bredasdorp, oor hoe hulle te werk gaan om te verseker dat hulle uitstekende fynwol produseer.
- Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, vertel van hulle nuwe projek, jeugboer van die jaar, vir skoliere en hoe hulle kan inskryf.
- Dawie Killian van die OVK-wolkantoor is aan die woord met die nuutste wolmarkpryse.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.