In Dinsdag, 30 Junie se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Johan gesels met CP Kriek, president van die Varktelersgenootskap van Suid-Afrika, oor die doel en werksaamhede van die genootskap.
- Dr Mackie Hobson, ‘n bekende veearts in sybokhaarkringe, het na afloop van die onlangse Sybokhaarkongres met Carin Venter van Plaas Media gesels oor die welstand van ons land se sybokhaarkuddes.
- Johan gesels met Leon Lourens, ontwikkelingskoördineerder by SAAI, oor ‘n lêhoenderprojek wat hulle deur middel van ‘n interkulturele vennootskap geskep het.
- Carin Venter van Plaas Media gesels met Marco Coetzee, uitvoerende hoof van Sybokhaar SA, oor hoe vanjaar se kongres afgeloop het en waarom dit anders as vorige jare was.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
