Hoe sien Woensdag, 30 April, se LandbouRadio daarna uit?
- Ons Woensdagwenk met die Skaapherder, Leon Kruger, is weer aan die beurt en hierdie keer gesels hy oor die belangrikheid van skaduwee vir vee.
- Daar is ‘n gesprek met ‘n ‘perdetandarts’, Monique Burger.
- Annelize Crosby van Agbiz praat oor onder meer gelyke indiensneming, grondhervormingswetgewing, en arbeidsmarksake wat tans aandag in die parlement geniet.
- En Hugo Lochner gesels verder met prof Johann Strauss, senior wetenskaplike by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, oor kleingraanproewe in die Sandveld.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.


