In Woensdag, 28 Januarie se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Dis weer tyd vir Leon die skaapherder met sy gereelde Woensdagwenk. Dié slag praat hy oor die beheer van haarwurm.
- Johan gesels met Francois Viljoen van Gumboots 4 Africa oor die Dunlop-rubberstewelreeks.
- Fanie Vorster, ‘n ingenieur by die Landbounavorsingsraad, gesels oor lae-vloeitempo-besproeiing.
- Carin Venter van Plaas Media gesels met dr Jan Greyling van die Universiteit Stellenbosch oor die gebruik van tegnologie in die wingerdbedryf.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.


