In Donderdag, 27 November se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Karla Zietsman, algemene bestuurder van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, vertel meer oor hulle jaarvergadering en ekspo wat in 2026 plaasvind.
- Johan Gunter gesels met dr Cilliers Louw, ‘n privaatveearts van die Wes Kaap, oor bosluise, dipmiddels en weerstandigheid.
- Dr Johnny van der Merwe deel weer met ons sy weeklikse vleis- en graanpryse.
- Tydens die jaarafsluiting van die Harrismith distriksboere-unie gesels Johan Kotze, uitvoerende hoof van Agri SA, met Izak Hofmeyr van Plaas Media oor positiwiteit onder Suid-Afrika se landbouers.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

