In Dinsdag, 27Januarie se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Koos du Pisanie van Plaas Media gesels met Bernard Hoepfner van Agrofors oor die lusernbedryf in Suid-Afrika.
- Johan gesels met Hein Booysen van Brocor oor hulle 4 Africa Boergoat-aanlynveiling wat op 7 Februarie plaasvind.
- WA Lombard lewer die maandelikse Plaas Media-landboumarkverslag.
- Carin Venter van Plaas Media wou by Conrad Schutte, uitvoerende hoof van Vinpro, weet hoe sake in die wingerdbedryf lyk.
- Dawie Killian van die OVK-wolkantoor verskaf die nuutste wolmarkbewegings.
- Johan Gunter het vier lede van die nuutverkose bek-en-klouseer koördinerende raad wat deur die minister van landbou aangestel is, uitgevra oor die raad se werk.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.