So lyk Maandag, 26 Mei, se LandbouRadio:
- Die redakteur van Veeplaas, dr WA Lombard, vertel ons meer oor die inhoud van die Junie-uitgawe van die tydskrif.
- Prof Johan Willemse gee vir ons sy gereelde ekonomiese oorsig.
- Grant Leversha van die Fisher Foundation praat oor olifanthervestiging in die Oos-Kaap.
- En SA Harvest vertel ons meer oor die uitbreiding van hulle vloot vragmotors om voedselvermorsing te voorkom en hongersnood te verlig.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

