In Donderdag, 26 Maart se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Christal-Lize Muller van Plaas Media het tydens die Graan SA-kongres met dr Dirk Strydom gesels oor mielieproduksie en -aanplantings.
- Susan Marais van Plaas Media het met die voorsitter van Wildbedryf Suid Afrika, Colin Engelbrecht, gepraat oor die organisasie se werksaamhede.
- Johnny van der Merwe lewer sy weeklikse AMT-markverslag.
- Koos du Pisanie van Plaas Media hoor van Eben Anthonissen oor die prosopisprobleem in die Noord-Kaap.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.