In Woensdag, 25 Junie, se LandbouRadio is daar meer oor die volgende:
- Die Skaapherder, Leon Kruger, gesels oor die onoordeelkundige gebruik van oksitetrasiklien.
- Frederik van Zyl van die RPO Noord-Kaap praat oor veediefstal in dié provinsie.
- In die volgende episode van ons reeks oor aartappels, praat ons vandeesweek oor ‘n projek wat afgegradeerde aartappels gebruik om aartappelmeel te vervaardig.
- En dan vind ons meer uit oor die derde Vrystaatse Plaasvaardighede-skolekompetisie.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.



