Estimated reading time: 1 minute
In Woensdag, 24 Desember se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Leon die skaapherder is aan die woord met sy weeklikse wenk, en dié slag gesels hy oor blindheid as gevolg van oordosering.
- Gerhard Diedericks, ‘n direkteur by AgriX, vertel meer oor hulle twee-dag werkswinkel oor navorsing en die praktyk.
- Johan Gunter gesels met prof André Jooste, voorsitter van die Koringforum, oor dié organisasie se doelwitte.
- Bekende kuilvoerkonsultant, Richardt Venter van Agsci Unlimited, praat oor algemene foute wat tydens die kuilvoerproduksieproses voorkom.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek ons Soundcloud-blad om na vorige uitsendings van LandbouRadio te luister.


