In Vrydag, 23 Januarie se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Ons skop af met ons gereelde Landbouradio-nuusbulletin.
- Prof Michiel Scholtz, ‘n navorser by die Landbounavorsingsraad en die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor ‘n klimaatslim beesvleisproduksie-werkswinkel wat op 5 en 6 Maart aangebied word.
- Johan gesels met Pierré Vlok oor die wolbedryf en ‘n interessante staaltjie uit die bedryf.
- Andreas Greeff, besturende direkteur van Vleissentraal Eiendomme, vertel van hulle plaaseiendomsveilings wat in Februarie plaasvind.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.