In Woensdag, 17 Desember se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Leon die skaapherder deel sy Woensdagwenk en hy gesels dié slag oor die voorkoming van Slenkdalkoors.
- Dr Theo de Jager, direksievoorsitter van SAAI, praat oor die vereniging vir H2A-agentskappe wat werksgeleenthede vir landbouers oorsee reël.
- Jompie Burger van die Suiwelstandaard-agentskap, of SSA, gesels oor die beginsels van samewerking vir die groter belang.
- Christo Rothmann van Bushmans Mountain Tuli’s, wenner van die LNR Vleisverbeteringskudde-toekenning in 2025, vertel oor sy besonderse boerdery.
Luister saam na LandbouRadio:


