Landboumarkverslag: Februarie 2026

Estimated reading time: 2 minutes

Gedurende Februarie 2026 het die rand merkbaar versterk. Teenoor die Amerikaanse dollar het dit met ongeveer 24 sent verbeter vanaf die begin van die maand en op R15,89 per dollar afgesluit. Die rand het ook terrein gewen teenoor die euro en op R18,78 per euro gesluit – ’n versterking van sowat 35 sent.

Die produsenteprysinflasie het vir drie maande op 2,9% gestaan en in Januarie 2026 tot 2,2% gedaal. Die verbruikersprysindeks daal van 3,5% in Januarie na 3% in Februarie.

Mieliepryse daal

Ten spyte van versterkings in die prys van geelmielies vroeg in die maand, was die prys teen die einde van Februarie sowat R118/ton laer as aan die einde van Januarie.

Beeskarkas-en speenkalfpryse daal steeds

Beesvleis pryse het afwaartse neigings getoon gedurende Februarie. Die gemiddelde A2-karkasprys het met sowat R3,13/kg gedaal tot R63,62/kg. B2-karkaspryse het saam met A2-karkaspryse met R4,69/kg afgeneem en op R57,62/kg afgesluit.

Die gemiddelde prys van C2-karkasse wys ook ‘n afwaartse neiging en daal met R4,16/kg om Februarie op ’n gemiddelde prys van R56,46/kg te eindig. Die speenkalfprys daal met sowat R0,99/kg en sluit Februarie af op ’n gemiddelde prys van R39,89/kg.

Skaapkarkaspryse daal

Na verlede maand se styging toon die skaapvleispryse afwaartse neigings in Februarie. Die gemiddelde prys van A2-skaapkarkasse daal met sowat R9,37/kg en sluit die maand af op ’n gemiddeld prys van R103,07/kg.

Figuur 1: Klas A2-skaapvleispryse

B2-karkasse verswak met R2,55/kg en sluit Februarie op ’n gemiddeld van R82,19/kg af. C2-karkaspryse daal met R2,60/kg en sluit die maand op ’n gemiddelde prys van R81,26/kg af. Die gemiddelde prys van speenlammers daal ook met R2,89/kg en sluit Februarie af op ’n gemiddeld van R47,78.

Varkkarkaspryse bly stabiel

Die gemiddelde prys van O-varkkarkaspryse beweeg sywaarts gedurende Februarie 2026 en behaal ‘n gemiddelde prys van R39,43/kg. – Carli Jacobs en dr W.A. Lombard, Departement Landbou-Ekonomie, Universiteit van die Vrystaat.

Must read

Oranjerivier se watergehalte in krisis

Estimated reading time: 6 minutes Watergebruikers in die laer Vaal-Oranjeriverstelsel kry baie te doen met chemikalieë en patogene in die water waaroor hulle nie juis...

Veediefstalvoorkoming bly ‘n moeilike saak

Estimated reading time: 1 minute Louis Wessels, voorsitter van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum, gesels oor die forum se doel en ander belangrike aspekte van veediefstal. Hy verduidelik...

Nuwe rekords kenmerk 2026 SA Suiwelkampioenskappe

Estimated reading time: 4 minutes Agri-Expo verwelkom vandeesweek die voorste rolspelers in die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf by die 2026 SA Suiwelkampioenskappe by Eensgezind buite Durbanville. Vanjaar...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 12 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these...

LandbouRadio: 27 Maart 2026

In Vrydag, 27 Maart se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met 'n vars landbounuusbulletin. ⁠Carin Venter van Plaas Media het tydens...