Landboumarkte: Junie 2025 Goeie stygings in A2-beesvleispryse gesien

Estimated reading time: 3 minutes

Gedurende Junie 2025 het die rand met sowat 20 sent teenoor die Amerikaanse dollar versterk en die maand afgesluit op R17,76 vir een dollar. Die rand het terselfdertyd teenoor die Euro verswak met sowat 39 sent en sluit dus die maand af op R20,84 vir een Euro. Die prima-uitleenkoers is steeds 10,75%. Die verbruikersprysindeks (VPI) is op 2,8% vir Mei 2025 beraam. Die produsenteprysinflasie vir Mei 2025 is op 0,1% bereken in vergelyking met 0,5% in April 2025. Die produsenteprysindeks (PPI) het in Mei 2025 met 0,3% maand-tot-maand gedaal.

Geelmielieprys bestendig

Die geelmielieprys het ’n maand met min verandering ervaar en sluit die maand op R4 156/ton af, wat R19/ton minder is as einde Mei.

Beeskarkaspryse toon opwaartse tendens

Die A2-beeskarkasmark het goeie styging in pryse ervaar in Junie 2025 (soos weerspieël in Figuur 1). Die A2-karkasprys het met R9,5/kg gestyg en sluit die maand op ʼn gemiddelde prys van R77,79/kg af. Die B2-karkasprys het ’n daling van ongeveer R3/kg gesien en behaal ’n gemiddelde prys van R60,74/kg vir die maand. Die C2-karkasprys het ook ’n opwaartse tendens ervaar en ’n gemiddelde prys van R58,52/kg is vir die maand bereken. Soos verwag was daar ’n daling in die speenkalfprys, maar nie so groot soos wat aanvanklik verwag is nie. Die daling was met sowat 66 sent/kg en behaal ’n gemiddelde prys van R35,51/kg vir Junie.

Figuur 1: A2 Beeskarkas pryse vir 2025

Skaapkarkaspryse styg

Na laas maand se klein styging in pryse het die A2-skaapkarkaspryse weereens ʼn goeie styging in Junie getoon. Die gemiddelde A2-karkasprys het met sowat R4/kg gestyg en ’n gemiddelde prys van R106,80/kg is bereken. Die B2-karkasprys ervaar ’n styging in pryse met sowat R3,70/kg, met die gemiddelde pryse wat op R72,95/kg vir die maand bereken is. Die C2-karkasprys het in die maand van Junie ook goed gestyg en ’n gemiddelde prys van R71,35/kg behaal, wat sowat R6,42/kg hoër is as die vorige maand. Speenlampryse styg met sowat R3,17/kg en behaal gemiddelde pryse van R49.39/kg vir die maand.

Groot styging in varkkarkaspryse

Klas O-varkkarkaspryse sien een van sy grootste stygings in die laaste paar maande met pryse wat met sowat 67 sent/kg gestyg het in Junie, wat die gemiddelde pryse vir die maand tot R32,65/kg opgetrek het. – Iniel Huggett en dr WA Lombard, Departement van Landbou-Ekonomie, Universiteit van die Vrystaat

Must read

LandbouRadio: 3 April 2026

In Vrydag, 3 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met 'n plaasvars landbounuusbulletin. ⁠Tydens die Afrika Saadverhandelingsvereniging se kongres in...

What is the worst that can happen?

Estimated reading time: 3 minutes Risk is the likelihood of damage or loss. Peril, on the other hand, is the misfortune, accident, or disaster that...

Government and ARC gives update on FMD vaccine numbers

Estimated reading time: 3 minutes The Agricultural Research Council (ARC) confirmed on 1 April that it has released another 20 000 doses of locally produced foot-and-mouth...

26th AFSTA Congress: Empowering Africa’s future, one seed at a time

Estimated reading time: 6 minutes Seeds are not just agricultural inputs; they embody our future, the promise of a resilient Africa in the face of...

Meet the new NAMC board

The minister of agriculture, John Steenhuisen, recently announced the appointment of ten new members to the National Agricultural Marketing Council (NAMC). These members will...