Landbou in Noordwes verloor ‘n staatmaker

Estimated reading time: 3 minutes

Landbou in Noordwes het onlangs een van sy groot geeste, wat diep spore in die bedryf getrap het, aan die dood afgestaan. Leon Bellingan, bestuurder van Agri Vryburg en ’n deeltydse kommersiële beesboer, is op 1 Desember op die ouderdom van 59 in die Emoya-Med-hospitaal in Bloemfontein oorlede.

Sy dogter, Anneke Scholtz, sê haar pa het vermoedelik aan ’n neurologiese spiertoestand gely, hoewel dit nie met ’n diagnose bevestig is nie. Sy sê hy is vanjaar op 8 September in die hospitaal opgeneem waarna sy toestand tot en met sy afsterwe verswak het. Sy en haar broer, Imiel en suster Bea, is hartgebroke.

Anneke sal altyd haar pa onthou as ’n man wat baie geduld aan die dag kon lê. “Hy was vir ons ’n versorger en was altyd baie geduldig. Daar kon ’n bom langs hom ontplof en hy sou net rustig sit en die situasie bekyk en vandaar af met groot insig optree.” Sy sê Bellingan het op die familieplaas, Lucknow, in die Vryburg-distrik, grootgeword en was van jongs af passievol oor landbou. Sy kudde bestaan uit Bonsmara-koeie en Charolais-bulle. Anneke sê haar pa het weens omstandighede deeltyds geboer, maar hy was van plan om na sy aftrede volgende jaar weer voltyds na sy boerdery terug te keer.

Lees meer oor die onlangse brande in Noordwes.

‘n Ware staatmaker

Leon het in 2014 ’n eretoekenning van Agri Vryburg ontvang vir sy toewyding aan georganiseerde landbou. Sy liefde vir georganiseerde landbou het as hoofseun van die Hoër Landbouskool Noord-Kaapland in Jan Kempdorp begin. Hy het later ’n diploma in landbou aan die Glen-landboukollege buite Bloemfontein verwerf. Leon het in 1991 by Lourensgeluk-boerevereniging aangesluit en in 1998 as ondervoorsitter en in die 1990 ’s as voorsitter gedien.

Onder sy voorsitterskap het hiérdie landbouvereniging destyds van 18 na 75 lede gegroei. Hy was ook ’n verteenwoordiger vir Lourensgeluk-boerevereniging by die Vryburg Boere-unie waar hy later op die dagbestuur gedien en vervoerkwessies hanteer het.

Hy is in 2004 as voorsitter van die Vryburg Boere-unie verkies en het dié unie op Agri Noordwes se algemene raad verteenwoordig. Onder sy leiding is dié unie in 2004 en 2005 as Agri Noordwes se beste landbou-unie aangewys. Hy was vanaf 2001 tot 2004 aan stuur van vervoerkwessies vir Agri Noordwes en is in 2005 as dagbestuurslid vir Streek 5 aangewys.

Bellingan is in 2008 op ’n voltydse basis as bestuurder van Agri Vryburg aangestel en was sover bekend die eerste bestuurder op landbouvereniging-vlak in Noordwes. Hy was ook een van die lede wat op die aksiekomitee gedien het tydens onderhandelinge met Naledi Munisipaliteit rakende die veilingskrale in Vryburg. Dit was vanaf April 2007 onder sy bestuur en hy was die direkteur van North West Stockfair Kraals vir Agri Vryburg.

Nou betrokke by boere

Willem Pretorius, ’n produsent van Kameel in die distrik, sê hy en Bellingan het ’n lang pad saam gestap. “Leon was ’n yster en het die hele Vryburg-distrik se produsente persoonlik geken.

Hy het goeie oortuigingsvermoë gehad en jy kon altyd op sy knoppie druk. Hy kon baie dinge doen en het vir ons as produsente baie beteken.” Volgens Pretorius het Bellingan hom uitstekend van sy taak gekwyt om kwessies soos grondbelasting en kortings aan te pak. Hy was ook nou betrokke by die plaaslike brandbeskermingsvereniging en is in 2009 as bestuurder van die Dr Ruth Mompati-distriksmunisipaliteit se brandbeskermingsgebied aangewys.

Bellingan se lewensmaat, Hanlie Swanepoel, sê hy was toegewyd tot landbou en sy sal hom altyd onthou as ’n sagte omgeemens met ’n ondeunde laggie wat baie lief was vir sy kinders en kleinkinders.

Bellingan laat ook sy ma Morleen (88), skoonseun Werner, skoondogter Nadia, kleinkinders, Erich en Sias, en ’n broer en suster agter. – Christal-Lize Muller, Plaas Media

Must read

Agbiz sheds light on EU citrus disputes

Van boeredae tot kuilvoerkompetisies – Plaas TV dek dit alles

Estimated reading time: 2 minutes Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Wolfe Braude of Agbiz gives us background on the European...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 35 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these prices calculated?https://drive.google.com/file/d/1Dkq1o6hyVk_XbciPOvsJUaFjhnuparoH/view?usp=sharing The Red Meat Abattoir Association (RMAA) gathers pricing data...

Prickly pears as a grazing crop

Estimated reading time: 8 minutes The first prickly pears arrived in South Africa shortly after Jan van Riebeeck’s tenure in the Cape, but it was not until the 1960s that this cactus was recognised for...
red meat tomahawk steak

RMAA Price Information System report for week 35 2024

Estimated reading time: 2 minutes The Red Meat Abattoirs Association (RMAA) is an independent membership-based organisation, which was established in February 1991 with its primary aim being providing specialised training and technical support. The data provided...

RPO bespreek uitvoere, predasiebestuur en veranderende wetgewing

Estimated reading time: 7 minutes Terwyl oorgrenshandel en die vervoer van lewende hawe en dierlike produkte op verskeie vlakke problematies bly, beleef die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) Nasionaal se uitvoerende raad heelwat positiewe momentum met betrekking tot...