Kersgroete van TLU Limpopo

Estimated reading time: 2 minutes

Soos 2025 ten einde loop, het Fanie Havinga, streekvoorsitter van TLU SA Limpopo, gesels oor die jaar wat verby is en die uitdagings wat boere in die provinsie in die gesig gestaar het.

“Ons wil ons opregte dankbaarheid uitspreek teenoor al ons lede,” het Havinga gesê. “Elke boer wat deur droogtes, druk en onsekerheid steeds hard werk – op hul lande, boorde, wildsplase en in hul veekampe – verteenwoordig regtig die tema van ons Jaarkonferensie: “Boerderye met integriteit en ruggraat”. Dit is wie ons boere is en dit is waarvoor TLU Limpopo staan.”

Standvastigheid toegebid

Hy het verder gesê dat, selfs te midde van uitdagende wette en ’n onstabiele landbouklimaat, die boere se volharding en geloof ’n ligpunt was. “Elke oes, elke nuwe kalf, lam of vrug getuig van julle toewyding aan die land en sy mense. Dit is iets wat ons altyd wil vier en ondersteun.”

Havinga het ook spesiale dank aan vriende, vennote en borge van TLU Limpopo uitgespreek. “Julle bereidwilligheid om saam met ons te staan, projekte te ondersteun en ons missie te versterk, maak dit moontlik vir hierdie organisasie om sy rol in die landbougemeenskap met waardigheid te vervul. Dankie dat julle ons help dra.”

Havinga het gesê hy bid dat vrede oor alle huise, families en plase sal rus hierdie Kersseisoen. “Mag die lig van Christus nuwe moed, krag en hoop bring vir die jaar wat voorlê,” het hy afgesluit.

Aan elke boer, vennoot en ondersteuner, sê TLU Limpopo: Dankie, hou moed, en boer voort met die ruggraat en integriteit waarvoor Limpopo bekend is. ’n Geseënde Kersfees en voorspoedige 2026! – TLU Limpopo-persverklaring

Related

SA Canegrowers welcomes DBRP adjustment, but says more is needed to close import...

Estimated reading time: 3 minutesSA Canegrowers welcomes the decision by the government to adjust the dollar-based reference price (DBRP) for sugar imports. The upward adjustment is critical...

Omgewingsnakomingspraktyke en wetgewing: Wat produsente moet weet

Estimated reading time: 7 minutesOmgewingsnakoming raak toenemend ’n praktiese werklikheid vir produsente, veral waar landbou, mynbou en hernubare energie-ontwikkelings mekaar op dieselfde grondgebied ontmoet....

RPO-konferensie 2026: Strategieë vir die suksesvolle toekoms van die bedryf

Estimated reading time: 9 minutesDie Nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se jaarlikse konferensie, wat op 13 Augustus 2026 by The Capital Hotel in Menlyn Maine, Pretoria,...