Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:
- Agri Fertilizers & Chemicals het onlangs ‘n dag in Groblersdal aangebied wat hoofsaaklik op die biologiese beheer van peste en plae op tamatieproewe gefokus het. Charles Booysen vertel ons nou meer.
- Die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkoning is onlangs gedurende ‘n kongres in Pretoria aangewys. Plaas Media bied dié kompetisie aan, en het gedurende die kongres ook met ‘n paar rolspelers gesels.
- Ons hoor dikwels in die veebedryf dat produsente sê ‘n entstof werk nie. Entstowwe is ontwikkel sodat gesonde diere ‘n eenvormige blootstelling aan spesifieke siekteveroorsakende organismes kan kry, sodat hulle immuniteit kan ontwikkel teen ‘n siekte waaraan hulle op ‘n later stadium blootgestel kan word. Dr Danie Odendaal brei nou hieroor uit.
- Rolspelers in die Suid-Afrikaanse piesangbedryf het koppe bymekaar gesit en ‘n produk ontwikkel om die piesangkewer, wat wêreldwyd gate in produsente se winste vreet, te beheer. Lionel Eva van Eva Agri Services brei nou hieroor uit.
- Potatoes SA brings viewers up to date with the current market trends as well as the performance of local potato production.
- Brande en El Niño het onder andere bygedra tot ‘n uitdagende finansiële jaar vir die gediversifiseerde landbou- en bosboumaatskappy, TWK. Plaas Media se Susan Marais gesels nou met André Myburgh hieroor.
- UPL’s Carbon Smart is a carbon programme specifically designed for South Africa’s farmers, designed to increase soil health, increase carbon content in our soil and decrease greenhouse gasses. Gerrie Rossouw, Natural Plant Protection Portfolio Manager, Southern Africa of UPL, now elaborates on this.
Presenter/s dressed by Jonsson Workwear.
Het jy geweet dat Plaas TV ‘n Facebook blad het? Besoek ons blad by https://web.facebook.com/PlaasTV/?_rdc=1&_rdr om op hoogte te bly van die jongste landbounuus en -onderwerpe!
Klik op die YouTube-kanaal se skakel om weer Plaas TV se episodes te kyk: https://www.youtube.com/channel/UC8UyKudlhB1OzbEcSRO1S3A
Plaas TV/Farm TV is in Junie 2020 bekendgestel en verskaf topgehalte en feitelik korrekte landbounuus en -inhoud. Klik op die skakel hierbo om al Plaas TV se inhoud van die afgelope twee jaar te sien. Van landbouprogramme tot die geskiedenis van pinotagewyn, Plaas TV dek alle uithoeke van die landbousektor.