Grondgesondheid en volhoubare voervloei: Agricol wys ons hoe

Share This Post

Estimated reading time: 3 minutes

Vir meer as sewe dekades voorsien Agricol Suid-Afrikaanse produsente van ’n uitgebreide reeks akkerbou- en weidingsoplossings wat die sukses van talle boerderye help verseker het.

Die waarde van Groendag

Agricol se Groendag bied jaarliks aan produsente ’n waardevolle geleentheid om die jongste weidingsgewasse, kultivars en tegnologie in praktyk te ervaar. Verlede jaar het produsente die kans gekry om 45 gewasse, 120 kultivars en 15 weidingsmengsels van nader te beskou, terwyl Agricol-kundiges praktiese raad oor vestiging, bestuur en benutting van somer- en winterweidings gedeel het. Onderwerpe soos meerjarige weidingsmengsels, peulgewasse, winterhawermengsels en die rol van dekgewasse in grondgesondheid is bespreek. Die dag het produsente met praktiese, wetenskaplik gefundeerde kennis toegerus om opbrengste te verhoog en volhoubare weidingstelsels te bestuur.

Waarom Groendag ontstaan het

Agricol is bekend as ’n toonaangewende saadmaatskappy op die gebied van akkerbou-, weiding-, en dekgewasse. Die gewilde Agricol Groendag, wat ongeveer tien jaar gelede van stapel gestuur is, het ontstaan uit ’n behoefte om vir produsente groter blootstelling te bied aan weidings- en dekgewasse wat grondgesondheid kan verbeter. Omdat die meerderheid boerderye in Suid-Afrika ’n veevertakking het, is dit ’n uitdaging vir elke veeprodusent om ’n volhoubare voervloei vir 12 maande van die jaar te kan handhaaf.

Meer as 120 demonstrasieplotte

Agricol se Groendag stel veeprodusente in staat om meer as 120 demonstrasieplotte te besigtig. Dit help produsente om meer doeltreffend aan hulle voervloei te beplan terwyl daar ook aandag gegee word aan grondgesondheid. Daar is ook wisselbou-opsies beskikbaar om langtermynvolhoubaarheid te ondersteun.

Die volgende gewasse kan tydens Agricol se Groendag besigtig word:

  • Uitgebreide somer- en winterweidingsreekse.
  • Somerweidings en somerpeulgewasse.
  • Winterweidings en winterpeulgewasse.
  • Dekgewasmengsels vir beginner- en ervare herlewingsprodusente.
  • Voerknolgewasse.
  • Kleingrane en kleingraanmengsels.
  • Lusern.
  • Uitgebreide akkerboureekse wat die volgende insluit:
    • Die nuutste sonneblombasters.
    • Nuwe Intacta RR2 Pro®-sojaboonreeks.
    • Wit- en geelmieliereekse.

Agricol se 2026 Groendag

Moenie hierdie geleentheid misloop om die nuutste oplossings vir grondgesondheid en ’n volhoubare voervloei eerstehands te ontdek nie. Sluit aan by Agricol se volgende Groendag op 21 April om 08:30 by die Agricol-navorsingstasie in Potchefstroom, en kry praktiese insigte wat jou boerdery se produktiwiteit en volhoubaarheid kan versterk. RSVP voor 17 April by jou naaste Agricol-agent.

As jy nie die byeenkoms kan bywoon nie, besoek gerus Agricol se eksklusiewe produkreeks by die saadplot‑afdeling tydens vanjaar se NAMPO Oesdag.

Related Posts

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 12 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a wholly...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not as...

Bloednier: Die stille moordenaar onder kleinvee

Estimated reading time: 4 minutes Om vroeg in die oggend...