Friday, October 18, 2024

Ekonomiese oorsig vir April: Landboumarkte wissel

Share This Post

Estimated reading time: 3 minutes

Die rand het tydens April redelik sywaarts beweeg en gedurende die middel van April verswak, maar het weer goed versterk, om sodoende die maand ongeveer teen dieselfde wisselkoers as aan die einde van Maart af te sluit. Die rand het die maand teen R18,80 teenoor die Amerikaanse dollar en R20,03 teenoor die euro gesluit. Die verbruikersprysindeks (VPI) het vir die eerste keer sedert Desember 2023 gedaal terwyl die produsenteprysindeks (PPI) ’n opwaartse tendens beleef het vanaf Februarie. In Maart het die VPI na 5,3% (jaar-op-jaar) gedaal en die PPI het na 4,6% (jaar-op-jaar) gestyg. Die prima-uitleenkoers bly onveranderd op 11,75%.

Lees die landboumarkte se ekonomiese oorsig van Maart hier.

Die geelmielieprys het ’n marginale opwaartse tendens tydens April beleef maar begin stabiliseer in vergelyking met Februarie en Maart se prysverhogings. Die prys het met R26/ton tydens April geklim en ’n hoogtepunt van R4 439/ton behaal waarna die maand gesluit is teen R4 255/ton.

Die wolmark het tydens April ’n beter vooruitsig gehad met die aanwyserprys wat ’n 4% verhoging getoon het vanaf die eerste veiling van die maand tot en met die laaste veiling op 24 April. Hierdie verhoging in pryse kan toegeskryf word aan die rand wat gedurende die middel van die maand verswak het en die verbetering in die Australiese wolmark. Die aanwyserprys vir gesertifiseerde skoonwol het in April teen R171,85/kg gesluit. Die bokhaarmark het tydens April vir die eerste keer hierdie jaar ’n daling in pryse beleef en kan toegeskryf word aan ‘n lae aanvraag vir bokhaar tydens die laaste veiling. Die aanwyserprys vir April het teen R381,11/kg gesluit.

Beeskarkaspryse het tydens April ’n effense afname getoon. Die maand het afgesluit teen ’n gemiddelde A2-prys van R54,98/kg, die B2-prys van R45,17/kg en die C2-prys van R42,67/kg. Die gemiddelde speenkalfprys (Figuur 1) het tydens April ’n omkeerpunt bereik en toon ’n styging vir die eerste keer hierdie jaar. Die gemiddelde prys het teen R32,23/kg gesluit.

Die skaapkarkaspryse het tydens April gestyg, nadat daar gedurende die eerste kwartaal ’n afwaartse neiging in pryse was. Die A2-prys het teen R84,39/kg gesluit, die B2-prys teen R54,75/kg en die C2-prys teen R54,82/kg. Die gemiddelde speenlamprys (Figuur 1) het ook sedert April ’n omkeerpunt bereik en vir die eerste keer hierdie jaar ’n styging getoon. Die gemiddelde prys het teen R38,48/kg gesluit.

Die klas O-varkkarkasse verhandel steeds teen ’n lae prys maar het tydens April ’n stabiele maand ervaar. Die prys het die maand teen R31,30/kg afgesluit. – Meyer van der Merwe, Siphiwe Tshabalala en dr WA Lombard, Departement Landbou-ekonomie, Universiteit van die Vrystaat.

Related Posts

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 40 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not...

Ankole embryos sell for record price in South Africa

The South African record price for embryos sold was...