Eerste boere-indaba vir die Vrystaat

Estimated reading time: 2 minutes

Die eerste boere-indaba wat spesifiek op landbou in die Vrystaat fokus, is op 17 Maart 2026 by Monte Bello net buite Bloemfontein gehou. Die inisiatief vir die dag kom van Vrystaat Landbou, maar dit is duidelik gemaak dat dit nie slegs tot sy lede beperk is nie. Enige produsent uit die provinsie was welkom om die dag by te woon.

Die fokus van die dag was op landbou in die Vrystaat, watter uitdagings produsente in die gesig staar en die planne wat in plek gestel kan word om landbou in die provinsie vorentoe te neem. Ongeveer 70 produsente van regoor die provinsie het geregistreer om hul insette te lewer.

Volgens Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, is dit belangrik dat produsente se stemme weer sentraal gestel word te midde van toenemende druk op hul voortbestaan. Hy benadruk dat ’n balans tussen positiewe en negatiewe perspektiewe nodig is om sake realisties te benader. Hy is ook van mening dat georganiseerde landbou vertroue onder sy lede moet inboesem en dat dit baie moeilik is om verlore vertroue te herwin.

Meer sigbare resultate geëis

Opmerkings vanaf die vloer het aangedui dat produsente graag wil sien dat georganiseerde landbou meer sigbare werk vir sy lede doen. Daar was ook verskeie vrae oor bek-en-klouseer (BEK) en die vereistes rondom die nasionale inentingsveldtog. Produsente het uiteenlopende menings gehad oor watter oorplaatjies voldoende sou wees vir die veldtog.

Friedl von Maltitz, vise-president van Vrystaat Landbou, het terugvoer gedeel oor sy besoek aan Argentinië, waar hy ondersoek het hoe BEK daar bestuur word en hoe diere jaarliks ingeënt word.

Elektrisiteitspryse is as een van die grootste uitdagings uitgelig. Produsente is ontevrede met die tempo waarteen pryse styg, en hierdie verhoogde kostedruk plaas hul finansies toenemend onder druk.  – Dr WA Lombard, Universiteit van die Vrystaat

Must read

Unlocking the beef value chain – Meet the 2026 LRF Stockman School speakers part...

Estimated reading time: 6 minutesFrom 7 to 9 October 2026, the Livestock Registering Federation (LRF) brings the beef industry’s sharpest minds together at Aldam...

RSG Landbou: 22 September 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor inkbessievergiftiging, wyntoersime en ons ontvang die nuutste wolmarkverslag.InkbessievergiftigingVeeprodusente word gewaarsku dat inkbessievergiftiging...

LandbouRadio: 22 September 2026

Hierdie week se Landbouradio word moontlik gemaak deur Pioneer Saad.In Dinsdag, 22 September se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:⁠Johan gesels met...

Die toekoms is goud vir kanola in Suid-Afrika

Estimated reading time: 3 minutesGraan SA het vanjaar by NAMPO Kaap die geleentheid gebruik om groei in Suid-Afrika se kanolabedryf te bespreek. Die gewas...

Katoen-verwysingsprys: Week van 14 tot 18 September

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee....