Nuwe reëlings hou SA Stamboek se elite bulgroeitoetsklas lewendig

Estimated reading time: 2 minutes

Alhoewel die bees-en kleinveeskou van vanjaar se Bloemskou nie plaasvind nie, gaan die SA Stamboek/Vleissentraal Nasionale Elite Bulgroeitoetsklas steeds op ’n alternatiewe wyse voort.

Organiseerders het bevestig dat, ten spyte van die afwesigheid van ’n tradisionele skouring, waar ’n algehele wenner aangewys word, erkenning steeds gegee sal word aan die uitstaande bulle wat vir die 2026-klas gekies is.

Die bulgroeitoetsklas, wat jaarliks as ’n belangrike vertoonvenster vir topteelbulle dien, bring gewoonlik diere byeen wat op grond van prestasie, genetiese meriete en funksionele voorkoms gekeur is. Vanjaar sal dié elemente egter nie in ’n fisiese beoordeling saamgevoeg word nie.

Foto versoek

In plaas van die tradisionele skouring vol diere word telers en eienaars versoek om hoëgehaltefoto’s van hul genomineerde bulle in te dien. Hierdie foto’s sal in die Elite 2026 uitgawe van SA Stoetteler verskyn en ook tydens die SA Stamboek/Unistel Nasionale Elite 2026-dinee op 27 April by Monte Bello vertoon word.

Tydens die geleentheid sal sertifikate aan alle betrokke telers en eienaars oorhandig word as erkenning vir hul diere se prestasies. Verdere blootstelling vir die bulle sal deur sosiale media, webblaaie en landboumedia verseker word.

Die skildery van die 2025-wenbul, geborg deur Vleissentraal, sal ook tydens die dinee aan die betrokke teler of eienaar oorhandig word. – SA Stamboek persverklaring verwerk deur Plaas Media

Related

Die toekoms is goud vir kanola in Suid-Afrika

Estimated reading time: 3 minutesGraan SA het vanjaar by NAMPO Kaap die geleentheid gebruik om groei in Suid-Afrika se kanolabedryf te bespreek. Die gewas...

The Agri X Fusion Collaboration Summit has a new date

Estimated reading time: 2 minutesThe Agri X Fusion Red Meat Value Chain Collaboration Summit will take place on 20 and 21 October 2026 at...

AFMA Forum 2026: Celebrating excellence and honouring achievement

Estimated reading time: 5 minutesThe 2026 AFMA Forum held at Sun City in September concluded with a celebration of excellence during which students, researchers,...